f.8. Elizabeth Frederika NEL, geb. 01/01/1817, ged. 12/10/1817

f.8.  Elizabeth Frederika, geb. 01/01/1817, ged. 12/10/1817, Uitenhage, oorl. 06/1839, Pietermaritzburg x 14/07/1833 met Gerrit Cornelis (Gert) NEL, geb. 11/09/1813, ged. 26/02/1815, Graaff-Reinet, oorl. 10/04/1838, Italeni, s.v. Louis Nel en Gesina Maria Beatrix Olivier.

Elizabeth Frederika was die dogter van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.

'n Kenmerk van die verwoestende Grensoorlog van 1834 - 1835 was die relatief min moorde wat op Blanke grensboere gepleeg is.  Die Nels sou agterna met die nodige respek kon gevra het: hoekom moes juis een van ons familie omgekom het?  Maar so was dit alreeds op die eerste en tweede dag nadat die Xhosa se vyandelikhede 'n aanvang geneem het.  Trouens. Stephanus Bernardus Buys, skoonseun van Louis Jacobus, en getroud met sy oudste dogter, Cecilia Johanna, was die eerste Afrikanerboer wat in die oorlog omgekom het.  Terwyl kol. Henry Somerset op Fort Beaufort vasgekeer was, het die tyding van Buys se dood hom op 24 Desember 1834 bereik.  Stephanus Buys het suid van Fort Beaufort baie naby aan die grens op 'n plaas saam met sy vrou gewoon.  Volgens L.J. Nel het Pieter en Gert Nel ook in die buurt geboer, want hulle het bv. eerste die rook van sy afgebrande huis gewaar.  Nog onbewus dat die Xhosa die besondere dag reeds oor die Katrivier gestroom het om die koloniste aan te val, het Buys met 'n groepie Xhosa-mans in sy voordeur staan en gesels.  Buys se vrou wat vir die groepie bang geword het, het hom vermaan om nie so ongewapen tussen die mans buite te staan nie.  Net toe Buys omdraai om sy huis binne te gaan, het een van die Xhosa-mans hom aan die kraag gegryp terwyl 'n ander een hom 'n dodelike wond met 'n assegaai in die sy toegedien het.  Hierna het hulle die huis geplunder. al die vee uit die kraal geja en Buys se weduwee, Cecilia Nel, gelas om met haar ses kinders in die huis te bly. Uiteindelik het sy en die kinders. nog almal baie jonk. daarin geslaag om by die agterdeur uit te glip en in 'n naby geleë bos weg te kruip.  Hulle het die nag in die bos deurgebring.  Die gebeurtenis was sekerlik 'n diepe skok wat die Nels nie sou vergeet nie.  Dit was egter net die begin van 'n reeks ontberinge en finansiele verliese. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

1837 - Benewens d
ie familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.

1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriël Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriël seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Die boekie van Louis Jacobus Nel, getitel:  Uit die Voortrekkertyd, bevat sy herinneringe soos opgeteken in Maart en April 1917, enkele maande voor hy oorlede is.  Die kleinseun van die ou Voortrekker was toe 82 jaar oud.  Hy was die oudste seun van Louis Jacobus se tweede oudste dogter, Elizabeth Fredrika wat met Gert Cornelis Nel getroud was.  Vandaar dat die skrywer van die Herinneringe met trots verklaar het dat hy 'n dubbele Nel is.  Die outeur van die boekie was nog nie drie jaar oud nie toe hy saam op die trekpad gegaan het. Sy herinneringe is nagenoeg 80 jaar na die werklike trekgebeure opgeteken. Dis vanselfsprekend dat sy vertelling oor die gebeure voor die Groot Trek en van die lotgevalle tydens die trek berus het op wat later deur sy familie en ander Voortrekkers aan hom vertel is.  Die boekie bevat merkwaardige besonderhede wat die outeur onmoontlik deur leesstof kon verkry het.  Voorbeelde hiervan is bv. sekere gedeeltes van sy vertelling oor die Voorlopers van die Groot Trek waarin hy oor 'n jagtog en die Uys-Kommissie uitwei.  Uit hierdie en ander gegewens van L.J. Nel is dit inderdaad duidelik dat hy sommige herinneringe eerstehands van eietyds persoonlikhede verneem het.  Aangesien hy dit kennelik van sy familielede self gehoor het, is die gegewens hier van belang.   (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Soos bekend was die Voortrekker-ekspedisie van April 1838 teen die Zulu 'n groot terugslag vir die Afrikaners in Noord-Natal.  'n Sterk kommando van ongeveer 350 man het op 6 April onder die gesamentlike bevel van Hendrik Potgieter en Piet Uys van die laers vertrek.  Op 11 April het elf man oorkant die Buffelsrivier in 'n hinderlaag omgekom.  Onder hulle was kommandant Piet Uys, sy seun Dirkie en drie Nels.  Vir Louis Jacobus Nel en sy gesin wat met groot verwagtinge die nuwe land beskou en maar pas by die laers aangesluit het, was die slag by Italeni 'n familie-tragedie wat die aanvanklike geesdrif dadelik sou demp.  Ons weet dat Johannes Petrus (oudste seun), Gert Cornelis Nel (skoonseun), Willem Gabriël (seun) en nog 'n seun, Louis, aan die Vlugkommando deelgeneem het.  Philip Roedolph Nel wat duidelik die leiersrol van sy vader in Natal oorgeneem het, sou seker ook by Italeni gewees het.  In elk geval staan dit vas dat die twee broers Johannes Petrus en Louis, asook hul swaer Gert, by Italeni gesneuwel het.  Die boedelstukke van Louis Jacobus jr. wat in die Natalse Argief berus, toon korrek aan dat hy op 11 April 1838 oorlede is.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Kinders:

g.1.  Louis Jacobus (Vaal Lewies), geb. 25/01/1835, plaas Commandofontein naby Adelaide, oorl. 11/07/1917 x 25/10/1858, Greytown met Susara Johanna Adriana Mare, geb. 10/05/1840, oorl. 27/12/1877 xx 09/01/1879 met Hester Cecilia Havemann, geb. 07/05/1862, oorl. 03/06/1915.