f.6. Louis Jacobus NEL, geb. 28/12/1811, ged. 09/08/1812

f.6.  Louis Jacobus, geb. 28/12/1811, ged. 09/08/1812, Tulbagh, oorl. 11/04/1838 x 14/07/1833, Somerset-Oos met Maria Petronella VAN DEVENTER ged. 22/09/1811, oorl. 23/06/1834, sterf met geboorte van dogter, d.v. Willem Adriaan van Deventer en Elizabeth Johanna Jordaan xx25/09/1837, Grahamestown Cathedral, St. George Anglican met Hilletje Levina Magdalena (Helena) BESTER, geb. 28/08/1820, ged. 09/12/1820, oorl. 24/12/1875 (HLMHB xx Salomon Stefanus Maritz)

Louis Jacobus was die seun van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.


Louis Jacobus jr., is eerste getroud met Maria Petronella van Deventer.  'n Dag na die geboorte van hul eerste kind op 23 Junie 1834, is sy op die jeugdige ouderdom van 22 jaar oorlede.  Van belang is dat sy op die plaas Commandofontein in die wyk Oos-Rietrivier oorlede is.  Die inventaris van die boedel bevestig dat Louis Jacobus en sy vrou op Commandofontein gewoon het.  Louis Jacobus, L.J. seun, het geen slawe besit nie.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)


25th September 1837
1837, 25th September 1837
Louwies Jacobus Nel
marital status: bachelor
residence: of this Parish
and
Helletje Laviena Helena Bester
marital status: spinster
residence: of this Parish
were married in this Church
25th September 1837 by Bans, with consent of the Matrimonial Court, by John Heavyside Acting Chaplain
This marriage was solemnized between us
groom signature: Louis Jacobus Nel
bride signature: Hilletje Lavina Helena Bester
witnessed by: Michiel Coenraad Du Plooij , Susanna Nel

Source: Grahamstown - St George (Anglican), Grahamstown, Eastern Cape. marriage register, 1836-1849, page 19, entry no 55. Repository: Cory Library, MS 14 879-2. Transcribed by Lorraine Beechey and proof read by Richard Ball, from photographs by William Jervois and with the agreement of the Cory Library

(https://www.wikitree.com/photo/jpg/Bester-791)

1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.


1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Soos bekend was die Voortrekker-ekspedisie van April 1838 teen die Zulu 'n groot terugslag vir die Afrikaners in Noord-Natal.  'n Sterk kommando van ongeveer 350 man het op 6 April onder die gesamentlike bevel van Hendrik Potgieter en Piet Uys van die laers vertrek.  


Na die moord op Retief en sy geselskap op 6 Februarie 1838 het die Zoeloe­-impies die niksvermoedende Trekkerlaers in die Bo-Tugelavallei oorval en dood en vernietiging onder honderde Trekkers en hul bediendes gesaai.  Die trekkers het hulle in families en ander groepe verdeel om hul vee afsonderlik te hou en te laat wei.  So was daar geselskappies tot naby Colenso, aan Moordspruit en Bloukransrivier, 'n afstand van minstens 55 kilometer.   Oproep om hulp is tot Piet Uys en Hendrik Potgieter in die Vrystaat gerig.  Klaarblyklik het nie net die manskappe nie, maar die hele Uys-geselskap Natal toe getrek.  'n Modderlaer is by die boloop van die Bloukransrivier gemaak en 'n krygsraad gehou.  Die Voortrekkers het Piet Uys tot veldkommandant-generaal verkies.  Die gekommandeerde kommando, van 347 manskappe, het op 5 en 6 April in twee afsonderlike kolonne die laer verlaat.  Die kommando het die Tugela oorgesteek en op 9 April 'n groot Zoeloe-impi naby die Babanango-reeks gewaar.  Hulle het daarin geslaag om 'n paar Zoeloes te yang en die het verraai waar die Zoeloe-hoofimpi was — by Dingane se hoofstat uMgungundlovu.   Piet Uys het die kommando's reguit na die hoofstat gelei en halt geroep op die plato onder die Katazohoogte, vanwaar Dingane se stat sowat 6 km verder gesien kon word.  Hulle het langs 'n bergkloof afgekyk na 'n halfmaanvormige vallei waardeur die Incumbaanspruit gevloei het.  Aan die anderkant van die kloof het twee heuwels na weerskante van die kloof afgehel.  Op elk van hierdie heuwels was daar 'n Zoeloe-impi, terwyl 'n derde onder in die vallei stellings betrek het, in totaal ongeveer 7000 tot 8000 krygers. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Uys het Potgieter gevra om te kies watter impi hy wou aanval, die in die vallei of die op die heuwel.  Potgieter het die in die vallei gekies.  Piet het 40 manne onder bevel van sy broer Cobus geplaas en hulle aangesê om by die pakperde te bly en het die res van die kommando, onder bevel van komdt Koos (Grootvoet) Potgieter, gestuur om slag te lewer teen die Zoeloe-impi op die regterkantse heuwel.  Piet Uys het met 20 man in die rigting van die poort gery.  In drie regimente, een agter die ander, het die Zoeloes agter hul wit skilde gehurk gesit en die kommando ingewag.  Die kommando het tot 50 tree van die Zoeloes gery — so naby dat Gert Viljoen vir Koos Potgieter gevra het of hy van plan was dat hulle handgemeen met die Zoeloes moes raak.  Daarop het Potgieter halt geroep en met voorlaaiers in die hande uit die saals gegly.  Die Zoeloe-leier het opgespring en geskree dat hulle moes aanval, sodra die witman skiet.  Potgieter het Pieter Nel (-b1c3d1e4f1) beveel om die bevelvoerder te skiet.  Die linkerhandige Nel was bekend daarvoor dat hy sewe skote in 'n rivierwal geskiet het en slegs een koeëlgat gemaak het.  Nel het die Zoeloe neergevel en is dadelik opgevolg deur 'n sarsie van die res van die Trekkers.  Die eerste regiment is totaal verpletter, terwyl die tweede aansienlik uitgedun is en die derde regiment het opgespring en langs die anderkant van die heuwel afgeval.  Piet Uys en sy geselskap het die vlugtelinge tot in die kloof agtervolg. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Kort op die hakke van die Zoeloes wat op die vlug geslaan het vir die Uys-kommando, was twee Malan-broers, Johannes en Jacobus.  Piet het gemerk hoe die Zoeloes die Malans in 'n bosagtige kloof inlei en hoedat hulle toe skielik omspring om die twee broers of te sny.  "Die twee manne sal vermoor word," het Piet uitgeroep, "kom ons moet hulle help." So het Piet Uys, gevolg deur 15 vrywilligers, gery om die Malans te gaan help.  Onder die vrywilligers was Dirkie Uys, Dawid Malan, vader van die twee Malan-broers, Gerrit (Gert) Cornelis Nel (ab 1c3d4e1f3), Louis Jacobus Nel (ab1c3d1e4f6), Johannes Petrus (Pieter) Nel (ab1c3d1e4f1), Willem Gabriel Nel (ab1c3d1e4f7), Jan en Jacobus Moolman, Jan Landman, Jan de Jager, Jan Meyer, Jan Steenkamp, Carel Landman, Hans de Lange en ene Snyman.  Toe Uys en sy klein groepie die Malans nader, was die twee horings van die Zoeloe-halfmaan reeds feitlik gesluit.  Piet Uys het vooruit gery, die Malans bereik en hulle gewaarsku om dadelik om te draai. Die drie was op pad terug na die res van die groepie toe Piet sy perd in toom hou om die vuursteen van sy geweer skerp te maak.  Op daardie oomblik het die Zoeloes hul assegaaie begin gooi. Toe 'n assegaai horn in die kruis, links van die ruggraat tref, het Uys se liggaam in die saal geruk.  Hy het die hef vasgegryp, die assegaai uitgepluk en van hom weggesmyt. Die assegaai het een van Piet se are afgesny en het bloed uit die wond opgewel en spoedig is sy perd se agterstewe bedek.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Uys het sy perd aangespoor en daarin geslaag om die ander klein groepie te bereik. Hy het so geweldig gebloei dat Willem Nel verkeerdelik uitgeroep het:  Kyk die geel perd is deur 'n assegaai getref; kyk na die bloed op sy agterste deel."   Bloed het uit Uys se rug, mond en neus gestroom.  Hy het flou geword, maar is gelawe en 450 meter aangehelp totdat hy weer flou geword het en van sy perd afgeval het.  Intussen het Willem Nel 'n berede Zoeloe geskiet en die perd aan een van die Malan-broers gegee.  Uys is weer op sy perd gehelp en het die groep voort gevlug met die Zoeloes kort op hul hakke.  Pieter Nel se perd het in 'n groot gat getrap en geval, opgespring en tussen die groep ingehardloop.  Willem Nel het Pieter se perd aan die teuels beet gekry, maar voordat hy Pieter kon bereik het 'n assegaai die vlugtende man tussen die blaaie getref en met uitgestrekte arms vooroor geval.  Kort hierna het die Zoeloes hom toegesak. Die groep het voort gevlug terwyl Piet Uys steeds meer in die saal begin swaai het.  Hulle is oor 'n klipperige donga en aan die voet van 'n koppie beland.  Die groep het in twee verdeel.  Willem Nel en Jan Landman het regsom gegaan en toe hulle aan die anderkant was, liet hulle ontdek dat 'n bergrug hulle van Piet Uys en sy groep geskei het.  Die Zoeloes het Piet Uys en sy groep op 'n bergrug ingewag, maar hulle het deur die impi gejaag en is sodoende verder uitmekaar gedryf.  Gert en Louis Nel is saam met Dawid Malan, die vader van die twee gesneuwelde broers, in 'n diep donga vasgekeer en gedood.  Willem Nel en Jan Landman is hoër op deur dieselfde rietbegroeide stroompie en moes ook hul weg deur die Zoeloes oopveg. Hulle was die laaste om by die kommando aan te sluit.  Die Vlugkommando — soos dit bekend geword het — het op 12 April 1838 na die laer teruggekeer.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Vir Louis Jacobus Nel en sy gesin wal met groot verwagtinge die nuwe land beskou en maar pas by die laers aangesluit het, was die slag by Italeni 'n familie-tragedie wat die aanvanklike geesdrif dadelik sou demp.  Ons weel dat Johannes Petrus (oudste seun), Gert Cornelis Nel (skoonseun), Willem Gabriël (seun) en nog 'n seun. Louis, aan die Vlugkommando deelgeneem het.  Philip Roedolph Nel wat duidelik die leiersrol van sy vader in Natal oorgeneem het, sou seker ook by Italeni gewees het.  In elk geval staan dit vas dat die twee broers Johannes Petrus en Louis, asook hul swaer Gert, by Italeni gesneuwel het.   Die boedelstukke van Louis Jacobus jr. aan dat hy op 11 April 1838 oorlede is.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Na die slag van Bloedrivier is die stat van Dingane noukeurig deursoek en in een hut is die twee gewere gevind wat aan Louis Nel en sy broer Gert Nel behoort het, wat tydens die slag van Italeni gedood is.   (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)