Phillip Roedolph was die seun van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.
Laat ons nagaan hoe die oorlog na die groot skok van Buys se dood die Nels in die wyke Koonap en Oos-Rietrivier geraak het. Die tweede seun, Philip Nel, volgens grondbrief die eienaar van Ig. plaas, het tydens die eerste oorlogsgolf saam met sy vrou, drie kinders en drie slawe op die plaas gewoon. Sy veeverliese was 120 beeste en 620 skape. Hul vader se vee verliese word nie afsonderlik gegee nie, maar Pieter Nel se verklaring voor die Raad van Noodleniging dat Louis Jacobus en sy seuns altesaam 5356 skape en bokke verloor het, spreek boekdele. Dit toon nl. dat Louis Jacobus Nel, indien nie die grootste nie, dan een van die grootste sleaapboere voor die oorlog in die Oos-Rietrivier was. Die oorlog moes voorwaar 'n deurslaggewende rol in sy besluit om te emigreer gespeel het. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.
1. Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders. Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha. Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud. Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
Die Trekkers het reeds in die tyd van Piet Retief besluit het om die hoofdorp van die Republiek Natal aan die voet van die Stinkhoutberg uit te lê. Die Nels was eweneens vroeë intrekkers van die gebied. Met die besoek van Gideon Joubert aan die laers in Natal het hy op II November 1838 by die Stinkhoutberg ofte wel Boesmansberg aangekom en by de lager van piet gryling of van philip Nel die daar magistraat is, vertoef. Hieruit spreek duidelik dat beide Philip Nel en Greyling met gesagsposisies beklee was. Elkeen was waarskynlik leier van sy laer, terwyl Nel kennelik ook sekere magistraatpligte vervul het. Sir George Napier skryf op 12 Desember 1838 dat daar 'n Boerekamp by die Boesmansberg is onder leiding van P. Nel. Die mense is meestal van Graaff-Reinet (sic.) afkomstig en tel ongeveer 60 gesinne. Dit is duidelik dat Philip Nel die leiersrol van sy bejaarde vader oorgeneem het. Maar ook in die groter gemeenskap is hy as leier erken. Gedurende die eerste helfte van 1839 het Pietermaritzburg stadig die vorm van 'n dorp aangeneem. Op 29 Julie 1839 het die Volksraad op Pietermaritzburg besluit om Philip Nel as provisionele landdros aan te stel. Die pos het hy blykbaar tot ongeveer Oktober 1839 beklee. Daarmee het hy nie die open bare lewe vaarwel gesê nie: van 1841 tot 1845 was hy 'n getroue lid van die Volksraad. In die hoedanigheid blyk dit dat Philip Nel een van die voorste manne in die Raad was wat nie gehuiwer het om 'n onafhanklike standpunt in te neem nie. Daarby was hy blykbaar 'n kragtige spreker wat sy gedagtes logies verwoord het. 'n Jaar of twee na die Britse anneksasie van Natal het hy hom bv. in die Volksraad as volg oor hul magtelose posisie uitgelaat: Ja wat helpt het klagen? Gy wordt eeuwig van Pontius naar Pilatus gestuurd. De Landdrost kan niets doen zonder instructie van den Volksraad. De Volksraad kan geen besluit nemen zonder de goedkeuring van Majoor Smith. Die nu weder, weigerd eenige stappen te nee men zonder Speciale order van den Goevemeur van de Kaap; en addresseert men zich by memorie aan dien Goevemeur dan refereert hy u naar de Koningin of naar het Parlement. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
(Downloads/Henning_Cultural_2015.pdf)
Weens sy ouderdom is dit twyfelagtig of Louis Jacobus Nel op enige van die plase geboer het. Bes moontlik het hy uit die staanspoor in Pietermaritzburg gewoon. Die erf was in Pietermaritzstraat nr. 28 wat op 28 Februarie 1839 aan hom toegeken is. Later in die jaar is ook Bergstraat 49 op sy naam geregislreer, maar dit het hy aan Gert Jacobus Rudolph verkoop. In beide die strate het verskeie van sy seuns erwe besit. Philip Nel het nrs. 30, 46, 47 en 48 in Pietermaritzstraat en nr. 34 in Bergstraat besit. Willem Gabriël Nel en Theunis Jacobus Nel het onderskeidelik Bergstraat 29 en Pietermaritzstraat 29 op hul name gehad. Wat plase betref het Philip Nel Nelsrus aan die Mlazi (tans Baynesfield) besit, terwyl Willem Gabriël vir Wilgespruit (naby die Mvoti) en Theunis Jacobus vir Blinkwater (digby "Bestershoek" en die Mvoti-rug) grond briewe ontvang het. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)
(Downloads/Henning_Cultural_2015.pdf)
According to J.H. Steenkamp who assisted with the
construction of the church the building was inaugurated in 1841. Rev. Erasmus Smit, Rev. Daniel Lindley, J.S.
Maritz, Andries Pretorius, Philip Rudolph Nel (Landdrost at the time and Sarel
Cilliers were among those present. Maria
Petronella Nel remembered the joy people felt on that day. On Friday 27 February 1846 The Natal Witness
reports “At one o’clock the bell summoned a goodly attendance of children,
Dutch and English, to the Sabbath School.
The attention of parents is especially called to the importance of this
institution. They should bear in mind
that it is in every respect the child’s church.
Maria Petronella Nel recalled that on the Sunday when the church was
inaugurated, the children were gathered to form a Sunday school and elders went
around to see who can read. (file:///C:/Users/wortleyh/Downloads/Henning_Cultural_2015.pdf)
Met sy dood in 1883 besit Philip Rudolph naas Nelsrus en Spitskop ook vyf erwe in Pietermaritzburg.