f.1. Johannes Petrus NEL, ged. 24/04/1803

f.1.  Johannes Petrus, ged. 24/04/1803, oorl. 11/04/1833  x 16/03/1823, Uitenhage met Susanna Maria NEL, ged. 08/06/1806, d.v. Philip Rudolph Nel en Susanna Maria Botha.

Johannes Petrus was die seun van Louis Jacobus Nel en Johanna Margaretha Botha.

Weens gebrek aan grond was dit in hierdie jare geensins vreemd dat in die wyke Oos-Rietrivier, Koonap en Winterberg meer as een gesin op 'n plaas gewoon het nie.  Die oudste seun, Johannes Petrus, het reeds in 1833, op soek na lewensruimte, die Koonap oorgesteek en op onbesette grond digby die Katriviernedersetting 'n rusplekkie gevind.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)


'n Kenmerk van die verwoestende Grensoorlog van 1834 - 1835 was die relatief min moorde wat op Blanke grensboere gepleeg is.  Die Nels sou agterna met die nodige respek kon gevra het: hoekom moes juis een van ons familie omgekom het?  Maar so was dit alreeds op die eerste en tweede dag nadat die Xhosa se vyandelikhede 'n aanvang geneem het.  Trouens. Stephanus Bernardus Buys, skoonseun van Louis Jacobus, en getroud met sy oudste dogter, Cecilia Johanna, was die eerste Afrikanerboer wat in die oorlog omgekom het.  Terwyl kol. Henry Somerset op Fort Beaufort vasgekeer was, het die tyding van Buys se dood hom op 24 Desember 1834 bereik.  Stephanus Buys het suid van Fort Beaufort baie naby aan die grens op 'n plaas saam met sy vrou gewoon.  Volgens L.J. Nel het Pieter en Gert Nel ook in die buurt geboer, want hulle het bv. eerste die rook van sy afgebrande huis gewaar.  Nog onbewus dat die Xhosa die besondere dag reeds oor die Katrivier gestroom het om die koloniste aan te val, het Buys met 'n groepie Xhosa-mans in sy voordeur staan en gesels.  Buys se vrou wat vir die groepie bang geword het, het hom vermaan om nie so ongewapen tussen die mans buite te staan nie.  Net toe Buys omdraai om sy huis binne te gaan, het een van die Xhosa-mans hom aan die kraag gegryp terwyl 'n ander een hom 'n dodelike wond met 'n assegaai in die sy toegedien het.  Hierna het hulle die huis geplunder. al die vee uit die kraal geja en Buys se weduwee, Cecilia Nel, gelas om met haar ses kinders in die huis te bly. Uiteindelik het sy en die kinders. nog almal baie jonk. daarin geslaag om by die agterdeur uit te glip en in 'n naby geleë bos weg te kruip.  Hulle het die nag in die bos deurgebring.  Die gebeurtenis was sekerlik 'n diepe skok wat die Nels nie sou vergeet nie.  Dit was egter net die begin van 'n reeks ontberinge en finansiele verliese. (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

(http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Juis die wyse waarop die Regering hulle blootgestel het aan lewensgevaar, verliese, en die algemene onveilige bestaan op die oosgrens, sou in die Sesde GrensoorIog voorop in die gedagtes van Louis Jacobus Nel gewees het.  Die oorlog na die groot skok van Buys se dood het die Nels in die wyke Koonap en Oos-Rietrivier nou geraak.  Pieter Nel, oudste seun was op "sy plaas" aan die Katrivier, toe die Swart masjien oor hulle rol.  Met sy vrou en sewe kinders moes die gesin onmiddellik vlug met net die klere aan hul lywe. Later kon hy vasstel dat die Xhosa-krygers 202 beeste en 16 perde van hom buitgernaak het.  Hy het darem 400 skape oorgehou.  Hulle het dadelik die dag na Commandofontein gevlug.  In die eerste week van die oorlog het die Blanke boere van die geteisterde Oos-Rietrivier en Koonap verskeie laers getrek.  Die laers is gevorm waar hulle bIykbaar gemeen het genoeg weerbare manne sou wees om hul gesinne suksesvol teen die vyand te verdedig.  Commandofontein was so 'n plaas.  Die omgewing se boere het besef dat die talryke Nel-familie opsigself oor 'n formidabele klompie weerbare manne beskik het. Spoedig het talle gesinne die plaas hul toevlugsoord gemaak. Tydens Pieter Nel se verklaring (17/2/1835) was 300 siele op die plaas in 'n laer saamgetrek.  Omdat daar net een woonhuis was, moes die meeste mense weke lank in die laer woon en slaap.  In die stilte van die oorlog het daar groot ellende in die laer geheers: baie mense was siek, maar die naaste medikus was op Fort Beaufort, ongeveer 24 myI daarvandaan.  Baie het geen klere gehad nie, en 'n mens kan jou die angs, teleurstelling en moedeloosheid van die mense voorstel. Dis nie vergesog om af te lei dat Commandofontein nie net vanweë die senstrale ligging en teenwoordigheid van 'n hele paar weerbare manne as toevlugsoord gekies is nie.  Dit wil inderdaad ook daarop dui dat die keuse op die plaas geval het omdat mense in tyd van nood hul oë op 'n leier rig.  Die boerelaers in die wyke het ook om praktiese redes hul eie leiers gekies. Dis bekend dat Pieter Nel, oudste seun, die provisionele veldkomet van die laer op Commandofontein was.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

1837 - Benewens die familie Scheepers wat 'n paar gesinne sou insluit. kon die trek onder andere uit die volgende gesinne en individue bestaan het.

1.  Louis Jacobus Nel met sy vrou Johanna Margaretha Botha.
2. Johannes Petrus Nel, oudste seun, met sy vrou Susanna Maria Nel en ongeveer sewe kinders.
3. Philip Roedolph Nel, tweede seun. met sy vrou Anna Frederika Claasen en ongeveer vier kinders.
4. Cecilia Johanna Buys. oudste dogter. weduwee van S.B. Buys met ongeveer ses kinders.
5. Theunis Jacobus Nel, vierde seun (die derde seun was Marthinus Francois Nel, gedoop 16 Oktober 1808, is moontlik jonk oorlede) met sy vrou Maria Johanna ROUX en onbekende getal kinders.
6. Louis Jacobus jr., gebore op 28 Desember 1811, vyfde seun, met sy vrou HiIletje Leviena Helena Bester en hul twee kinders, Maria Petronella en Louisa Jacoba.
7. Willem Gabriel Nel, sesde seun, met sy vrou Maria Dorothea Botha en onbekende getal kinders.
8. Elizabeth Fredrika Nel, tweede dogter, en haar man Gert Cornelis Nel met twee kinders.
9. Jacobus Hercules Nel, sewende seun, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
10. Maria Susanna Nel, 3de dogter, vermoedelik in 1837 nog ongetroud.
11. Christoffel Jacobus Hercules, agste seun, 'n baba van twee jaar in 1837.
12. Cecilia Johanna Botha, tweede oudste suster van  Louis Jacobus, met haar man Theunis Jacobus Botha en minstens vyf kinders.  Die egpaar was die oorgrootouers van genl. Louis Botha.  Theunis Jacobus Botha en Louis Jacobus Nel was met mekaar se susters getroud.  Hulle was dus dubbele swaers.
13. Johannes Lodewicus van Deventer en sy vrou. Sy suster, Maria of Martha Petronella, was getroud met Louis Jacobus Nel, L.J. seun, 'n neefskind van Voortrekker L.J. Nel.
14. Louis Nel, Gabriel seun, en sy vrou Gesina Maria Beatrix Olivier, met minstens ses kinders.   (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Die Voortrekker-ekspedisie van April 1838 teen die Zulu was 'n groot terugslag vir die Afrikaners in Noord-Natal.  'n Sterk kommando van ongeveer 350 man het op 6 April onder die gesamentlike bevel van Hendrik Potgieter en Piet Uys van die laers vertrek.  Op 11 April het elf man oorkant die Buffelsrivier in 'n hinderlaag omgekom.  Onder hulle was kommandant Piet Uys, sy seun Dirkie en drie Nels. Vir Louis Jacobus Nel en sy gesin wat met groot verwagtinge die nuwe land beskou en maar pas by die laers aangesluit het, was die slag by Italeni 'n famiJie-tragedie wat die aanvanklike geesdrif dadelik sou demp. Ons weet dat Johannes Petrus (oudste seun), Gert Cornelis Nel (skoonseun), Willem Gabriël (seun) en nog 'n seun. Louis, aan die Vlugkommando deelgeneem het. Philip Roedolph Nel wat duidelik die leiersrol van sy vader in Natal oorgeneem het, sou seker ook by Italeni gewees het.  In elk geval staan dit vas dat die twee broers Johannes Petrus en Louis, asook hul swaer Gert, by Italeni gesneuwel het. Die boedelstukke van Louis Jacobus jr. wat in die Natalse Argief berus, toon korrek aan dat hy op 11 April 1838 oorlede is.  (http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/02590190/484.pdf)

Na die moord op Retief en sy geselskap op 6 Februarie 1838 het die Zoeloe­-impies die niksvermoedende Trekkerlaers in die Bo-Tugelavallei oorval en dood en vernietiging onder honderde Trekkers en hul bediendes gesaai.  Die trekkers het hulle in families en ander groepe verdeel om hul vee afsonderlik te hou en te laat wei.  So was daar geselskappies tot naby Colenso, aan Moordspruit en Bloukransrivier, 'n afstand van minstens 55 kilometer.   Oproep om hulp is tot Piet Uys en Hendrik Potgieter in die Vrystaat gerig.  Klaarblyklik het nie net die manskappe nie, maar die hele Uys-geselskap Natal toe getrek.  'n Modderlaer is by die boloop van die Bloukransrivier gemaak en 'n krygsraad gehou.  Die Voortrekkers het Piet Uys tot veldkommandant-generaal verkies.  Die gekommandeerde kommando, van 347 manskappe, het op 5 en 6 April in twee afsonderlike kolonne die laer verlaat.  Die kommando het die Tugela oorgesteek en op 9 April 'n groot Zoeloe-impi naby die Babanango-reeks gewaar.  Hulle het daarin geslaag om 'n paar Zoeloes te yang en die het verraai waar die Zoeloe-hoofimpi was — by Dingane se hoofstat uMgungundlovu.   Piet Uys het die kommando's reguit na die hoofstat gelei en halt geroep op die plato onder die Katazohoogte, vanwaar Dingane se stat sowat 6 km verder gesien kon word.  Hulle het langs 'n bergkloof afgekyk na 'n halfmaanvormige vallei waardeur die Incumbaanspruit gevloei het.  Aan die anderkant van die kloof het twee heuwels na weerskante van die kloof afgehel.  Op elk van hierdie heuwels was daar 'n Zoeloe-impi, terwyl 'n derde onder in die vallei stellings betrek het, in totaal ongeveer 7000 tot 8000 krygers. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Uys het Potgieter gevra om te kies watter impi hy wou aanval, die in die vallei of die op die heuwel.  Potgieter het die in die vallei gekies.  Piet het 40 manne onder bevel van sy broer Cobus geplaas en hulle aangesê om by die pakperde te bly en het die res van die kommando, onder bevel van komdt Koos (Grootvoet) Potgieter, gestuur om slag te lewer teen die Zoeloe-impi op die regterkantse heuwel.  Piet Uys het met 20 man in die rigting van die poort gery.  In drie regimente, een agter die ander, het die Zoeloes agter hul wit skilde gehurk gesit en die kommando ingewag.  Die kommando het tot 50 tree van die Zoeloes gery — so naby dat Gert Viljoen vir Koos Potgieter gevra het of hy van plan was dat hulle handgemeen met die Zoeloes moes raak.  Daarop het Potgieter halt geroep en met voorlaaiers in die hande uit die saals gegly.  Die Zoeloe-leier het opgespring en geskree dat hulle moes aanval, sodra die witman skiet.  Potgieter het Pieter Nel (-b1c3d1e4f1) beveel om die bevelvoerder te skiet.  Die linkerhandige Nel was bekend daarvoor dat hy sewe skote in 'n rivierwal geskiet het en slegs een koeëlgat gemaak het.  Nel het die Zoeloe neergevel en is dadelik opgevolg deur 'n sarsie van die res van die Trekkers.  Die eerste regiment is totaal verpletter, terwyl die tweede aansienlik uitgedun is en die derde regiment het opgespring en langs die anderkant van die heuwel afgeval.  Piet Uys en sy geselskap het die vlugtelinge tot in die kloof agtervolg(Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Kort op die hakke van die Zoeloes wat op die vlug geslaan het vir die Uys-kommando, was twee Malan-broers, Johannes en Jacobus.  Piet het gemerk hoe die Zoeloes die Malans in 'n bosagtige kloof inlei en hoedat hulle toe skielik omspring om die twee broers of te sny.  "Die twee manne sal vermoor word," het Piet uitgeroep, "kom ons moet hulle help." So het Piet Uys, gevolg deur 15 vrywilligers, gery om die Malans te gaan help.  Onder die vrywilligers was Dirkie Uys, Dawid Malan, vader van die twee Malan-broers, Gerrit (Gert) Cornelis Nel (ab 1c3d4e1f3), Louis Jacobus Nel (ab1c3d1e4f6), Johannes Petrus (Pieter) Nel (ab1c3d1e4f1), Willem Gabriel Nel (ab1c3d1e4f7), Jan en Jacobus Moolman, Jan Landman, Jan de Jager, Jan Meyer, Jan Steenkamp, Carel Landman, Hans de Lange en ene Snyman.  Toe Uys en sy klein groepie die Malans nader, was die twee horings van die Zoeloe-halfmaan reeds feitlik gesluit.  Piet Uys het vooruit gery, die Malans bereik en hulle gewaarsku om dadelik om te draai. Die drie was op pad terug na die res van die groepie toe Piet sy perd in toom hou om die vuursteen van sy geweer skerp te maak.  Op daardie oomblik het die Zoeloes hul assegaaie begin gooi. Toe 'n assegaai horn in die kruis, links van die ruggraat tref, het Uys se liggaam in die saal geruk.  Hy het die hef vasgegryp, die assegaai uitgepluk en van hom weggesmyt. Die assegaai het een van Piet se are afgesny en het bloed uit die wond opgewel en spoedig is sy perd se agterstewe bedek.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Uys het sy perd aangespoor en daarin geslaag om die ander klein groepie te bereik. Hy het so geweldig gebloei dat Willem Nel verkeerdelik uitgeroep het:  Kyk die geel perd is deur 'n assegaai getref; kyk na die bloed op sy agterste deel."   Bloed het uit Uys se rug, mond en neus gestroom.  Hy het flou geword, maar is gelawe en 450 meter aangehelp totdat hy weer flou geword het en van sy perd afgeval het.  Intussen het Willem Nel 'n berede Zoeloe geskiet en die perd aan een van die Malan-broers gegee.  Uys is weer op sy perd gehelp en het die groep voort gevlug met die Zoeloes kort op hul hakke.  Pieter Nel se perd het in 'n groot gat getrap en geval, opgespring en tussen die groep ingehardloop.  Willem Nel het Pieter se perd aan die teuels beet gekry, maar voordat hy Pieter kon bereik het 'n assegaai die vlugtende man tussen die blaaie getref en met uitgestrekte arms vooroor geval.  Kort hierna het die Zoeloes hom toegesak. Die groep het voort gevlug terwyl Piet Uys steeds meer in die saal begin swaai het.  Hulle is oor 'n klipperige donga en aan die voet van 'n koppie beland.  Die groep het in twee verdeel.  Willem Nel en Jan Landman het regsom gegaan en toe hulle aan die anderkant was, liet hulle ontdek dat 'n bergrug hulle van Piet Uys en sy groep geskei het.  Die Zoeloes het Piet Uys en sy groep op 'n bergrug ingewag, maar hulle het deur die impi gejaag en is sodoende verder uitmekaar gedryf.  Gert en Louis Nel is saam met Dawid Malan, die vader van die twee gesneuwelde broers, in 'n diep donga vasgekeer en gedood.  Willem Nel en Jan Landman is hoër op deur dieselfde rietbegroeide stroompie en moes ook hul weg deur die Zoeloes oopveg. Hulle was die laaste om by die kommando aan te sluit.  Die Vlugkommando — soos dit bekend geword het — het op 12 April 1838 na die laer teruggekeer (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)