g.7. Jacobus Andries NEL, geb. 25/04/1855 ged. 17/01/1856

g.7.  Jacobus Andries, geb. 25/04/1855, ged. 17/01/1856, Umvoti, oorl. 04/08/1933, Bankfontein, Ermelo x 24/05/1878, Lydenburg met Anna Sophia Elizabeth DU PLOOY, geb. 02/01/1860, Winburg, oorl. 27/06/1944, Johannesburg, d.v. Pieter Hendrik Rudolf du Plooy en Martha Christine Gysbertine de Klerk.

Jacobus Andries was die seun van Louis Johannes Nel en Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1886:
FAMILYSEARCH

Andries Nel was 5 jaar oud toe sy vader, Louis Johannes Nel, in 1860 oorlede is.  Doornhoek, groot 3410 morg, is in twee verdeel, een helfte is op naam van die boedel van Louis Johannes Nel geregistreer en die ander helfte op name van Louis Nel  en Jacobus Andries Nel. Na die dood van Louis Johannes Nel se vrou, Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph, is die plaas herverdeel. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Na sy moeder se huwelik in 1862, met Jan Abraham Joubert, het Andries by sy oudste suster, Johanna Magdalena Susanna Vennaak, op Utrecht gaan bly.  Nadat die familie na Oos Transvaal (nou Mpumalanga) verhuis het, het hy by sy ouboet Gert gebly.  Hy is in 1878 in die Landdroshof op Lydenburg getroud.  Hulle sou aanvanklik op Middelburg trou, maar daar was nie 'n Landdros beskikbaar nie en is per ossewa na Lydenburg.  Dit was Koningin Victoria, van Brittanje, se verjaardag en toe die Engelse hoor dat daar 'n paartjie in die Landdroshof trou, het hulle 'n erewag voor die deur gaan vorm.  Andries en sy bruid moes maar noodgedwonge tussen die Britse troepe met gevelde bajonette deurstap.  Engeland het die Transvaal in 1877 geamekseer en om hierdie rede was daar 'n Britse gamisoen op Lydenburg gestasioneer.  Andries het sy vrou by haar suster, Catharina Susanna Grobbelaar, op Kromkrantz, ontmoet en na die huwelik het die egpaar eers by ouboet Gert, op die plaas Krogshoop, en daarna by broer Louis, op die plaas Bankfontein, gaan woon. Terwyl hy by sy broers gebly het, het Andries vir hom 'n huis op Bankfontein gebou wat hy tot sy dood bewoon het.  In 1879 het Louis en Andries die plaas Bankfontein gekoop wat hulle in twee verdeel het, elke deel ongeveer 1 200 morg groot, wat op 29 Desember 1879 op hul naam geregistreer is. Hierna het elke broer op hul eie verder geboer..(Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die eerste lokomotief bereik Nelspruit op 20 Junie 1892, onder toejuiging van die groot groep mense wat die lokomotief ingewag het.  Vandat die eerste trein Nelspruit binne gestoom het, het die dorp momentum begin kry en sodoende ontwikkel dat dit vandag die hoofdorp van die Laeveld is.  Andries Nel het gaan kyk toe die eerste trein aangekom het. Sy seun Pieter Hendrik Rudolph Nel het so 'n bietjie nader gestaan om beter te sien, toe sy vader hom maan: 'Wag Piet, netnou bars die vuilgoedse ding'. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

(Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Die oorlog het toegeneem en Andries Nel het planne beraam om van die plaas Bankfontein weg te kom.  Op die plaas is daar klipbanke waarvan een skuins lê met 'n opening onder wat toegang na 'n grot verleen wat soos 'n kamer lyk.  Daar is besluit om soveel meubels moontlik, asook 22 sak mielies, daarin te versteek. Die orige besittings is op die solder in die huis versteek met die hoop dat dit veilig sou wees.  Die stoof is in die dam naby die huis gegooi en die orige goedere is op twee halftent bokwaens gelaai.(Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)

Na 'n paar maande in die veld bevind die familie hulself tussen Estancia en Hendrina. Andries se seun Pieter het verkenningswerk gedoen. Toe hy oor die eerste randjie ry, ry hy hom in 'n Engelse patrollie vas en jaag onmiddellik terug om sy pa te waarsku. Gezina Baden , Andries se jongste dogter, vertel verder: 'Toe my broer nog op 'n afstand van die waens was, slave hy my pa-hulle moet gou maak en vlug, die Engelse is net agter die bult. My pa en swaer het net die saals op die perde gegooi en weggejaag sonder om te groet.' (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)


Toe hulle sowat 400 meter van die waens weg was, was die Engelse by die waens. Hulle het op die ruiters begin skiet, maar het ongeskonde weggekom.  Andries se vrou en die vier dogters, asook 'n kind van een van die dogters, is na die konsentrasiekamp op Middelburg gestuur. Andries Nel, sy seun en skoonseun, was bittereinders en nooit gevang nie. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)


Na die oorlog is daar met gemengde gevoelens na die plase teruggekeer. Die huise is afgebrand en die diere almal gedood. Andries Nel en sy skoonseun het 200 beeste en 1400 skape verloor.  Vir die eerste paar maande moes daar in tente gewoon word. Andries Nel kon 'n paar hoenders van sy plaasmense kry om mee te begin boer. Hier en daar is van bure 'n paar trekdiere, asook 'n eenvoorploeg, geleen om 'n paar akker mielies in die grond te kry. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)


In 1911 is 'n steenkoolmyn op Bankfontein begin (Breyten Collieries).  Met die inkomste wat hy uit die mynhuur verdien het, kon Andries van die oorlogsverliese herstel.



Gedurende 1932 het Andries 'n beroerte aanval gehad wat sy regterkant verlam het.  Na vier maande het hy sodanig verbeter dat hy in 'n rolstoel beweeg kon word.  Sy hart het egter begin verswak en was naderhand bedlêend.  Sy broer Gert het horn Donderdag 13 Oktober 1932 besoek.  Gert was nog in goeie gesondheid en toe hy Andries groet het hy aan Gert gese dat hy hom nooit weer sal sien nie.  Hierop het Gert geantwoord dat hy nog voor Andries kon gaan.  Gert is die volgende dag terug na sy woning op Carolina het hy 'n beroerte aanval gehad en is Saterdagaand 15 Oktober 1932 om 20:00 uur oorlede.  Andries was vir 15 maande bedlêend voordat hy op 4 Augustus 1933 oorlede is.  Hy is op sy plaas Bankfontein begrawe. (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)