Daniël Pieter was die seun van Johannes van der Merwe Nel en Jacoba Stefina Pretorius.
Nadat Danie sy skoolopleiding aan Afrikaans
Hoër Seunsskool, Pretoria, voltooi het, voeg hy horn by sy vader op die plaas
Uitkyk, 12 km suid van Nelspruit. Danie wou graag bosbou op die plaas toepas,
maar sy vader was geensins met die idee te vind nie. Na sy vader se dood, in
1950, het Danie die moontlikheid van bosbou ondersoek en besef dat bosbou op
Uitkyk sou aard, met 'n beter rendement as die produksie van rooivleis. Hy het
in 1955 sy eerste bome aangeplant en sowat 300 ha onder borne,
meestal bloekom besit. (Borman, Hans: Familie nel van Nelspruit, 1982)
Danie Nel het ook met Drakensbergers geboer. Hierdie beesras is
deur Dirk Cornelis (Swart Dirk) Uys (1814-1910) geteel en hy word beskou as die
vader van hierdie beesras. In 1659 het die Hottentotte in die
Bredasdorp gebied 'n ras swart beeste besit. Hierdie beeste is gekruisteel met
Groningenbulle wat in die vroeëre jare 1700 deur Adriaan van der Stel ingevoer
is. Die burgers het die kruisras "Vaderlanders" genoem en dit is van laasgenoemde beeste wat die Voortrekkers met
hul saamgeneem het. Daarbenewens het die
Uys-trekgeselskap gedurende die Groot Trek van 1838 ook twee drie jaar
oue bulletjies, wat van Holland ingevoer is, met hulle saamgeneem. Die een is
"Boekhouer" genoem en die ander "Botterbak". Swart Dirk het
hierdie bulle gekruisteel met uitgesoekte swart Zoeloe-beeste, ten einde daardie
tipe Vaderlander, wat venal vir die Drakensbergse klimaat geskik sou wees,
voort te bring. Gedurende die bykans sewentig jaar lange tydperk wat by geboer
het, het Dirk 'n ras Vaderlanders met volkome suiwer bloedlyn geteel. Baie
kuddes is gedurende die Anglo-Boereoorlog uitgewis, maar Dirk het daarin
geslaag om tydens hierdie stormagtige tye sy beeste te beskerm. Gedurende die
jare 1905 tot 1934 is daar in beestelers se kuddes byna uitsluitlik gebruik
gemaak van bulle afkomstig van Swart Dirk se plaas Gryshoek. In Noord-Natal is die naam Vaderlanders
uiteindelik heeltemal vervang deur "Uysbees". Met die aanneem van die
Veeverbeteringswet, van 1934, het die beeste van die Uys-aanteelt nie erkenning
geniet nie. Dit het 'n haas onherstelbare terugslag aan die Uysbeeste tot
gevolg gehad, want baie veeboere het toe hul kuddes met ander bulle gekruisteel
en so het die suiwer bloedlyn tot niet gegaan. (Borman, Hans: Familie nel van Nelspruit, 1982)