Gideon Christiaan Albertus was die seun van Albertus Wynand Gideon van der Westhuizen en Hester Brink.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1928.
GCA = medikus. AMMVDW = vroetvrou.
Volgens sy sterfkennis is HMJM in Nigerië oorlede.
Gideon C. A. Van Der Westhuizen 25 Jul 1901 - 29 Jun 1983
Bloemfontein, Memoriam Rd Cemetery, Bloemfontein
OVS (https://cs.billiongraves.com/grave/Gideon-C-A-Van-Der-Westhuizen/27657340)
Van der Westhuijzen, Gideon
Christian Albertus geb. 25 Jul. 1901, oorl. 29 Jul. 1983
Dr Gideon Christian
Albertus Van Der Westhuijzen (25.7.1901-29.7.1983); bekende geneesheer van die
Kaapse Soedansending en ander velde, is na ʼn ryk en kleurvolle lewe skielik in
Bloemfontein oorlede. Hy is as seun van die baanbreker sendingboer en
-ambagsman, Albert W G van der Westhuizen, en sy vrou op Mvera in Njassaland
(Malawi) gebore. Toe hy as 12-jarige daar in ʼn geweerongeluk ʼn deel van sy
regtervoet verloor, doen hy die gelofte dat hy, as hy herstel, hom as
sendingdokter sou bekwaam. Toe hy later op Stellenbosch sy MSc in Dierkunde
neem, hou wyle prof Con de Villiers by hom aan dat hy vir ʼn doktorsgraad Italië
toe moet gaan om dan as dosent Stellenbosch toe terug te kom, dog hy bly by sy
belofte, voltooi sy mediese studie aan die Universiteit Kaapstad en bied hom
vir werk in Njassaland aan. Daar is egter geen opening nie en so lei die Here
hom na Tivland in Noord-Nigerië waar die geleentheid hom aangebied word toe dr
Izak le Roux se plek op Kunav, na sy vertrek na Mkar in 1930, na twee jaar nog
nie gevul is nie. In 1932 gaan die jong dokter dusdaarheen. Intussen word daar
op Kunav ook ʼn klein hospitaal gebou. Toe dr Le Roux die veld in 1936 verlaat,
word dr Van der Westhuijzen na Mkar verplaas en daar werk hy ten spyte van die
primitiewe geriewe en dikwels onder die baie moeilike omstandighede van daardie
tyd, gelukkig voort tot 1941 toe hy en sy gesin gedurende die Tweede
Wêreldoorlog na Suid-Afrika terugkeer. Toe dr Tommie Steyn van Masjonaland met
verlof na die Suide wil kom, word dr Van der Westhuijzen gevra om hom te gaan
aflos en so werk hy toe vir ʼn tyd met besondere vreugde en vrug op Morgenster.
Sy innige verlange om ʼn keer na sy geboorteland te gaan, word vervul toe hy vir
tien maande dr Renaldo Retief se plek op Nkhoma gaan neem. Volgens belofte keer
hy later na Masjonaland terug en daar bou hy op Gutu die mediese werk van onder
af weer op, totdat hy en sy gesin in 1950 vir goed na die Unie terugkom. Hierna
praktiseer hy op verskeie plekke en van 1960 af werk hy 18 vrugbare jare as
geneesheer in die Weseinde-Hospitaal vir teringpasiënte by Kimberley. Getrou
aan sy oorspronklike sendingroeping, arbei hy hier ook onder die pasiënte sowel
as onder gevangenes. In Bloemfontein waar hulle na sy aftrede gaan woon, bied
hy weer sy dienste vir arbeid in die gevangenis aan en daar lei hy gereeld die
Sondagoggenddienste. Hy was ʼn man met ʼn sonnige geaardheid wat as troue
volgeling van sy Heiland vir God en sy gebod geleef het. In sy vaste standpunt
oor sy godsdiens kon niemand hom beinvloed nie – sy Bybel was sy enigste
toevlug. Daarby was die gebed vir hom ʼn uiterste noodsaaklikheid in die lewe. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuijzen-gideon-christiaan-albertus/)