g.2. Lourens Francois, geb. 21/07/1864, ged. 14/09/1864, Worcester, oorl. 11/08/1947 x 03/07/1889, Murraysburg met Herculina Johanna VAN DER MERWE, geb. 14/10/1856, oorl. 09/06/1917, Riebeek Wes, d.v. Johannes Lodewikus van der Merwe en Elzabe Petronella van Jaarsveld.
Lourens Francois was die seun van Carel Jacobus Nel en Elizabeth Catharina de Wet.
Lourens Francois was skoolhoof van Piketberg, Wittedrif, Knysna, en Riebeeck-Wes, en later assistent stadsklerk van Worcester. Hy is met Herculina Johanna van der Merwe getroud, die dogter van Johannes Lodewikus van der Merwe, van die plaas Vleesbank, naby Hermon, 23 km noord van Wellington. Die nedersetting is van Bybelse oorsprong en na die berg Hermon vernoem (Deut. 3:8-9). (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
FAMILYSEARCH