Christina Maria Magdalena was die dogter van Johannes van der Westhuizen en Anna Susanna Naude.
Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1871.
Louis
Gustavus Tregardt 11/11/1826 - 5/6/1892 was die jongste seun van die bekende
Voortrekkerleier en dagboeksrywer, Louis Tregardt en
Martha Susanna Bouwer. Sy van word as Triegaardt op sy
grafsteen aangegee. Louis verlaat op 9 jarige ouderdom in September 1835 saam
met sy pa van die plase Plathuis en Elizabeth, wyk Oos-Rietrivier, Somerset in
die Kaap na die binneland. Tydens die verblyf in Delgoabaai tref malaria die
geselskap en albei sy ouers sterf. Louis vertrek met die skip Mazeppa na Port
Natal as 12 jarige. JH de Lange - Jan Dons - is as agent aangestel om na die jonger
kinders, Petrus Frederik, Louis Gustavus en Anna Elizabeth om te sien. In 1841
stel landros Boshoff, Willem Adriaan van Aardt en die oudste seun Carolus Tregardt
aan as gesamentlike voogde van die kinders. Carolus vertrek egter met sy vrou
en kinders na die Transvaal. Louis Gustavus is toe deur sy oom Willem van Aardt
in Pietermaritzburg grootgemaak. (Eksteen, Louis J.: Voortrekkerbegraafplaas)
Met hulle huwelik was hy ‘n 22 jarige jongman en
sy ‘n 17 jarige jongedogter van Pietermaritzburg.
Uit die huwelik met
Tregardt is agt kinders gebore. 'n Jaar na die Tregardt se afsterwe in 1892 woon
sy in Boshoffstraat 174, Pietermaritzburg. (Eksteen, Louis J.: Voortrekkerbegraafplaas)
Kinders:
g.1. Anna Susanna TRICHARD, geb. 21/05/1850,
Pietermaritzburg
g.2. Martha Elizabeth TRICHARD, geb. 09/04/1852, Pietermaritzburg
g.3. Louis Gustavus TRICHARD, geb. 1854
g.4. Christina Maria Magdalena TRICHARD, geb. 06/02/1857,
Pietermaritzburg x 26/04/1875, Weenen
met Jacobus Wilhelmus Snyman, geb. 20/10/1854, ged. 28/11/1854, Ladysmith xx Boshoff.
g.5. Martha Susanna TRICHARD, geb. 09/08/1861 x Maritz
g.6. Johannes Petrus TRICHARD, geb. 1863
g.7. Louisa Dorothea TRICHARD, geb. 08/05/1870 x Nel
g.8. Carolus Johannes TRICHARD, geb. 11/09/1872