Johannes Benjamin was die seun van Franciscus Hendricus van der Westhuizen en Martha Jacoba Steenkamp.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1912.
Volgens sy sterfkennis woon hulle by Van der Merwestraat, Carnarvon.
eGGSA
library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape,
CARNARVON, Urban area Northern Cape, CARNARVON, Main cemetery W - Surnames ::
Vanne - W WESTHUIZEN Johannes Benjamin, van der 1863-1951 & Isabella Aletta
STEENKAMP 1882-1963
https://www.geni.com/people/Johannes-Benjamin-van-der-Westhuizen/6000000027451037159
https://www.geni.com/people/Isabella-Aletta-Steenkamp/6000000039125531236
Die pad tussen Carnarvon en Prieska kronkel vir 165 km tussen plase
deur, oor heuwels en deur droë rivierlope. Nietemin is dit ‘n pad met pragtige
omgewingstonele, veral na reën, wanneer die area lower groen is met sy tipiese
tafelkoppies. Damme is skielik vol water en ook vol interessante voëls. Mense
hier is vriendelik en gulhartig, bly om ander mense te sien en te gesels. Dit
is ‘n pad met interessante plaasname waaroor jy net kan gis soos Minaskolk,
Olifantskop, Salem, Renosterkolk, Carelsgraf, Constantia, Buffelboud en
Geelbospan. Carelsgraf het ontstaan toe Carel Kruger en sy broer gedurende 1783
in die omgewing was. Carel het gedurende 1791 ‘n olifant in die omgewing gekwes
en die olifant het hom dood getrap waarna hy hier begrawe is. Die gronddamme en
panne langs die pad is die interessante plekke na die reëns. Dit bly nog altyd ‘n
raaisel hoe watervoëls so vinnig uitvind van ‘n dam wat water kry nadat die dam
vir maande of selfs jare leeg was. Sulke damme en panne is naby die plase
Olifantskop, Soutpan, Carelsgraf en Constantia. - Japie Claassen
(http://www.karoobirdingsafaris.com/trip-reports/archives/10-2013/2)