Franciscus Hendrikus was die seun van Franciscus Hendrikus van der Westhuizen en Elizabeth Catharina Johanna Roets.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1857.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1890.
Die pad tussen
Carnarvon en Prieska kronkel vir 165 km tussen plase deur, oor heuwels
en deur droë rivierlope. Nietemin is dit ‘n pad met pragtige omgewingstonele,
veral na reën, wanneer die area lower groen is met sy tipiese tafelkoppies.
Damme is skielik vol water en ook vol interessante voëls. Mense hier is
vriendelik en gulhartig, bly om ander mense te sien en te gesels. Dit is ‘n pad
met interessante plaasname waaroor jy net kan gis soos Minaskolk, Olifantskop,
Salem, Renosterkolk, Carelsgraf, Constantia, Buffelboud en Geelbospan.
Carelsgraf het ontstaan toe Carel Kruger en sy broer gedurende 1783 in die
omgewing was. Carel het gedurende 1791 ‘n olifant in die omgewing gekwes en die
olifant het hom dood getrap waarna hy hier begrawe is. Die gronddamme en
panne langs die pad is die interessante plekke na die reëns. Dit bly nog altyd
‘n raaisel hoe watervoëls so vinnig uitvind van ‘n dam wat water kry nadat die
dam vir maande of selfs jare leeg was. Sulke damme en panne is naby die plase
Olifantskop, Soutpan, Carelsgraf en Constantia. - Japie Claassen (http://www.karoobirdingsafaris.com/trip-reports/archives/10-2013/2)