h.5. Gert Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 15/06/1881, ged. 04/09/1881

h.5.  Gert Johannes, geb. 15/06/1881, ged. 04/09/1881, Clanwilliam, oorl. 13/10/1918, griep, Holsdam, dist. Barkley-Wes x 27/07/1910, Barkly-Wes met Johanna Maria Jacoba VAN NIEKERK, geb. 1894, oorl. 03/07/1955, Boshof, OVS, d.v. Louwrens Marthinus van Niekerk en Helena Susanna NN.  JMJVN xx Hendrik Frederik Johannes Brink.

Gert Johannes was die seun van Cornelis Johannes Dreyer van der Westhuizen en Anna Helena Frederika Bergh.

Winkellier.

Die Spaanse griep van 1918 het die pasgevormde Unie van Suid-Afrika sleg getref.  Dit was skaars na die Eerste Wêreldoorlog en die ekonomie het nog gesteier om te herstel na die gesukkel met die oorlog, konsentrasiekampe en geweldige armoede.  Dan was daar ook nog die droogte van 1914-1916 en die  vloede in die jare 1916/17.  (https://parysgazette.co.za/37362/spaanse-griep-en-covid-19/)

Daar was twee golwe.  Die eerste het vroeg in September 1918 in Durban begin, vanwaar dit na die res van Natal en die Witwatersrand versprei het.  Die tweede, meer venynige golf, het Kaapstad middle September bereik en binne ses Weke die res van die Kaapprovinsie, die Vrystaat en Wes-Transvaal bereik.  Dit het vining met spoorlyn en pad nader versprei.    (https://www.netwerk24.com/ZA/Beeld/Metro-Gauteng/weer-die-spaanse-griep-van-1918-20200331)

Daar was ‘n tekort aan dokters en gesondheidswerkers in die land. Trekarbeiders was bang dat hulle die siekte sou kry en is terug na waar hulle vandaan gekom het. En so het die siekte ook na hierdie gebiede versprei. Tussen September/Oktober 1918 het 140 000 mense in sewe weke in Suid-Afrika gesterf. Hiervan was 62% in die destydse Kaapprovinsie waar 6 000 mense in net twee weke gesterf het en 120 000 siek geword het. Van die bevolking van 6 miljoen het 2,6 miljoen in Suid-Afrika siek geword.  (https://parysgazette.co.za/37362/spaanse-griep-en-covid-19/)