h.4. Hermias Cornelis Hendrikse NEL, geb. 08/05/1933, ged. 18/05/1933

h.4. Hermias Cornelis Hendrikse (Mias), geb. 08/05/1933, ged. 18/05/1933, Kenhardt x 28/03/1958, Upington met Lucia VAN DER MERWE, geb. 24/09/1934, ged. 09/12/1934, Upington, d.v. Schalk Willem van der Merwe en Lucia Budler.
 
Hermias Cornelis Hendrikse was die seun van Hermias Cornelis Nieuwoudt Nel en Christina Alida Hendrikse.

Name Hermias Cornelius Hendrikse Nel
Birth Date 8 May 1933
Father's Name Hermia Cornelius Niewwoudt Nel
Father's Sex Male
Mother's Name Christina Alida Hendrikse
Mother's Sex Female
Event Type Baptism
Event Date 18 May 1933
Event Place Kenhardt, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Kenhardt 




Links:  Mias by sy oppasser Sarah en Regs:  Mias tydens die reëns van 1934

Mias, Chrissie en kinders

Mias saam met sy pa

Mias het na sy pa se dood in 1936 by sy ma in die huis, net duskant Izak se huis aangebly.  Na sy pa se dood was sy kinderjare baie stormagtige.  Hy en van die ander kinders het baie drae slae gekry, omdat hulle valle toe geloop het, iets wat hulle verbied was om te doen.

Mias 1936  

Toe Mias vir die eerste keer skool toe moes gaan op Rooipad het hy nie ‘n griffie en ‘n lei gehad nie.  In plaas daarvan het hy ‘n mes, ‘n pyp, ‘n sakkie Bigben tabak en vuurhoutjies by hom gehad.  Hy het toe reeds (op 7 jarige ouderdom) gerook. (Dit het Mias persoonlik aan my vertel).  Hy was op die plaas op skool en toe later op Pofadder, omdat sy suster daar was.  

Na sy pa se dood het sy ooms die rol van pa in sy lewe begin gespeel.  Hy was gedurig saam met hulle.  Mias het ook vir lang tye by Kolie in Suidwes-Afrika gewoon.

Die Nel broers was oor die algemeen almal baie lief vir jag en het graag aan jagtogte deelgeneem.

Mias se meisie het in die Kaap verpleeg.
 
Name Hermias Cornelius Hendrikse Nel
Sex Male
Age 24
Birth Year (Estimated) 1934
Spouse's Name Lucia Van Der Merwe
Spouse's Sex Female
Spouse's Age 23
Spouse's Birth Year (Estimated) 1935
Event Type Marriage Banns
Event Date 28 Mar 1958
Event Place Upington, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Upington, Gordonia, Kaap, South Africa
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6297-F95N?lang=en