h.3. Elsabe Nel NEL, geb. 11/01/1942, ged. 02/05/1943

h.3.  Elsabe Nel, geb. 11/01/1943, ged. 02/05/1943, Upington x 30/12/1966, Upington met Petrus Cornelius Zacharias (Peet) VILJOEN, geb. 06/06/1938.

Elsabe Nel was die dogter van Jacobus Gideon Louw Nel en Elsie Johanna Jacoba van der Merwe.

Haar pa, Kolie was ‘n baie sterk OB aanhanger.  Tot so ‘n mate dat Elsabe vernoem is na ‘n sekere Elsabe, wat aangehou was omdat sy nie inligting oor die organisasie bekend wou maak nie.  Aangesien haar ouers ‘n seun verwag het, en dit toe nie so was nie, het Elsabe as tweede doopnaam die van Nel gekry.

Kinders: 

i.1.  Petrus Cornelius Zacharias VILJOEN.

i.2.  Jacobus Gideon Nel VILJOEN.

i.3.  Carel Nicolaas VILJOEN.