Hendrik Albertus was die seun van Josias Gerhardus van der Westhuizen en Hester Elizabeth Botha.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1867.
Die distrik Bloemhof is in 1866 as dorp geproklameer ten einde die gesag van die Zuid- Afrikaansche Republiek nader aan die toneel van onrus en woeling aan die Wesgrens te bring. Op 7 Januarie 1867 is die heer William Best as landdros van Bloemhof aangewys. Minder as drie jaar later, op 30 September 1869, rig kommandant J W Viljoen, veldkornet H C Weber en landdros W Best 'n versoek aan die regering van die Z A Republiek om 'n dorpie aan te lê by Zoutpansdrift aan die westekant van Vaalrivier. Hulle stel terselfdertyd voor dat die naam Christiana aan die nuwe dorpie gegee sou word. Op 25 November 1870 is die eerste erwe verkoop. Slegs 113 kilometer suid van Christiana het Kimberley ook in 1870 tot stand gekom. Die opspraakwekkende ontdekking van diamante by die Colesbergkoppie, waar die bekende Kimberley-myn onmiddellik daarna ontgin word, het heel gou duisende mense uit alle dele van ons land én die buiteland na Kimberley gelok. Aanvanklik is predikante van tyd tot tyd deur die Kaapse en Vrystaatse kerk gestuur om na die geestelike heil van die groeiende delwersbevolking in Kimberley om te sien, maar eerlank ontstaan twee gemeentes: Du Toitspan in 1872 en Vooruitzicht, wat later Kimberley geword het, in dieselfde jaar. Langs die Vaalrivier op het die diamantkoors verder versprei en hom weldra ook in Christiana laat voel.
In die vorige paragraaf is melding gemaak van Kimberley, waar diamante ontdek is in 1870 en die eerste twee gemeentes in 1872 gestig is. Dit sou ook die patroon in Bloemhof en Christiana wees. Bloemhof is die oudste gemeente in die verre Wes-Transvaal en is in 1870 reeds gestig te wyte aan 'n yl bevolking en 'n heersende tekort aan predikante. Christiana was van die begin af deel van die gemeente Bloemhof en een van die plekke waar gereeld buitedienste gehou is. Ds G F C Faustman, predikant van Schweizer-Reneke, was konsulent van Bloemhof en het in hierdie hoedanigheid by tye ook in Christiana die Woord verkondig en selfs die sakramente bedien. (https://www.clickchristiana.co.za/artikel-die-gemeente-in-wording-1870-1898.php#gsc.tab=0)
Personal Details
|
|
Name:
|
Mr Hendrik Albertus van der Westhuizen
|
Born in
camp?
|
No
|
Died in
camp?
|
No
|
Gender:
|
male
|
Race:
|
white
|
Marital
status:
|
married
|
Nationality:
|
Cape Colony
|
Occupation:
|
mason
|
Registration
as head of family:
|
Yes
|
Unique
ID:
|
78485
|
Camp History
|
|
Name:
|
Kimberley
RC
|
Age
arrival:
|
39
|
Date
arrival:
|
04/01/1901
|
Date
departure:
|
03/07/1902
|
Reason
departure:
|
transfer
|
Destination:
|
Vryburg RC
|
Stock
into camp:
|
no
|
Stock
out of camp:
|
no
|
Tent
number:
|
759
|
Name:
|
Vryburg
RC
|
Farm History
|
|
Name:
|
van der
Westhuizen family
|
Town:
|
Vryburg
|
Relationships
|
|
Mr Hendrik Albertus van der Westhuizen
|
|
is the father of Miss
Hester Elizabeth van der Westhuizen
|
|
is the father of Master
Josias Gerhardus van der Westhuizen
|
|
is the husband of Mrs
Martha Maria van der Westhuizen
|
|
is the father of Miss
Martha Maria van der Westhuizen
|
|
is the father of Miss
Sarah Susanna van der Westhuizen
|
|
Sources
|
|
Title:
|
SRC 83
Kimberley CR
|
Type:
|
Camp register
|
Location:
|
Free State Archives Repository
|
Reference
No.:
|
SRC 83
|
Notes:
|
p.314a
|
|