Catharina Johanna Christina was die dogter van Josias Gerhardus van der Westhuizen en Hester Elizabeth Botha.
Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1867.
Die
gemeente Vanrhynsdorp is op 23 Januarie 1877 onder die naam Troe-Troe van die
gemeentes Clanwilliam, Calvinia en Namakwaland afgestig. Troe-Troe se eerste konsulent was ds. Philip
Carel Dirk Faure, predikant van Clanwilliam van 1876 tot 1883, wat ook die nuwe
gemeente se eerste predikant geword het toe hy op 16 September in laasgenoemde
jaar in die amp bevestig is. Net twee jaar en twee maande later, op 20 November
1885, is hy oorlede. Sy opvolger was ds. David Jacob Johannes Rossouw, wat op
26 Augustus 1888 hier in sy eerste werkkring bevestig is. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-vanrhynsdorp/)
Kinders:
h.1. Anna
Catharina Gysbertha van ZYL, geb. 16/08/1872, ged. 26/01/1873, Troe-Troe,
distr. Clanwilliam.
h. 2. Hester
Elizabeth van ZYL, geb. 31/08/1875, ged. 21/11/1875, Troe-Troe, distr.
Clanwilliam x 08/08/1892, Vanrhynsdorp met Willem Albertus van Zyl, d.v.
Andreas Willem van Zijl en Catharina Johanna van der Westhuizen. WAVZ xx 1924
met Susanna Francina van Wyk Nel.