Josias Gerhardus was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Sibella Aletta Helena Dreyer.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1883.
Die
NG Gemeente Piketberg is die oudste gemeente van die NG Kerk tussen Malmesbury
en Clanwilliam. Die gemeente Piketberg
is in die jaar 1833 afgestig. Op 23
Julie 1833 is ds. William Robertson van Clanwilliam as konsulent aangestel en
die eerste diens vir die nuwe gemeente is deur hom op Groenvlei gehou. Ná herhaalde mislukte pogings om die
waterryke plaas Klein Vogelvallei van die weduwee Gideon Rossouw vir dorps- en
kerkgrond aan te koop, het goewerneur Cole die goewermentsplaas Grootfontein
gratis aan die kerkraad afgestaan. Dr. Robertson, die stigter van die gemeente,
is van Clanwilliam na Swellendam verplaas en ds. J.C. Moorrees van Swartland
het konsulent van Piketberg geword (1834–’80).
(https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-piketberg/)