Hermanus was die seun van Johannes Cornelis van der Westhuizen en Elsie Engelbrecht.
Hermanus
Baptised:
1806, 21 Dec 1806
Born:
den 24 Jannuarij 1805
Father:
Johannis Cornelis VAN DER WESTHUIJSEN
Mother:
Elsje ENGELBRECHT
Residence:
Piquet Berg
Witnesses:
Gerh. Hermanus Engelbrecht, Susanna Ras
Source:
Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst(baptism)
register, 1783-1809, page 252. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes,
Stellenbosch, G5 3/3. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape
Archives VC 667
Die Colesberg gemeente is op 10 Desember 1826 deur ds. Andrew Murray van die NG gemeente
Graaff-Reinet gestig onder die naam “de gemeente van Torenberg”, na aanleiding
van die ronde koppie aan die westekant van die berg. Die oorspronklike naam was heel moontlik “de
gemeente van de Toverberg”. Die gemeente het nietemin net drie jaar lank sy
oorspronklike naam gedra, want in 1830 het die destydse goewerneur, sir
Galbraith Lowry Cole, danksy die bemoeiing van sir Andries Stockenström, sowat
15 500 hektaar aan die NG kerk geskenk. Ter ere van die goewerneur is die
gemeente, dorp en distrik sedertdien Colesberg genoem. Die kerk het die grond
in erwe opgedeel en die inkomste uit die verkoop daarvan gebruik om sy gebou in
die middel van die dorp op te rig. Tien jaar lank was die gemeente vakant tot die
eerste leraar, ds. Thomas Reid, in 1836 hier aangestel is. Dié Skotse leraar,
een van dié wat die destydse koloniale regering ingevoer het om die tekort aan
predikante aan te vul maar veral om die Hollandse bevolking te verengels, se
bediening in die gemeente Colesberg strek van Julie 1836 tot 13 Februarie 1854.
Van tyd tot tyd kom verskeie Voortrekkers en trekboere noord van die
Oranjerivier na Colesberg om hul kinders deur Reid te laat doop. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-colesberg/)