Cornelis was die seun van Johannes Cornelis van der Westhuizen en Elsie Engelbrecht.
Cornelis
Baptised: 1797, 13 Februarij
1797
Father: Johannis Cornelis
VAN DER WESTHUIJ[SE]
Mother: Elsje ENGELBRECHT
Witnesses: Glaudina
Engelbrecht, Josias van der Westhuijse
Additional notes: Gebooren
den 29 Julij 1795
Source: Nederduits
Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst(baptism)
register, 1783-1809, page 120. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes,
Stellenbosch, G5 3/3. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape
Archives VC 667
Die besetting van land na die noorde is aangehelp deur die seisoenmigrasies wat op die noordelike grensdistrikte ‘n doodgewone ding was. Die eerste paar jaar het die wintertrek van die Sneeuwberge na die Karoo-dele ten noorde van hulle distrik wat as gevolg van die koue plaasgevind het, ‘n belangrike rol gespeel. Winter in die Sneeuwberge was koud en min brandhout was beskikbaar. Vir die vee was dit gevaarlik, want hulle kom met koue reens in die sneeu verkluim. Pasgebore lammers kon verkluim indien daar nie na hulle omgesien sou word nie. Ten spyte van baie moeite was dit nie altyd moontlik om skade te vermy nie. Die mense het begin om in die warmer Karoo te gaan oorwinter. Hierdie trek na die vlaktes langs die Seekoeirivier en Renosterberg het al in 1803 plaasgevind. Soos meer plase in die trekveld uitgeggee is, moes die boere elke jaar verder trek met die vee. In 1823 is sommiges in die omgewing van Plettenbergsbaken aangetref. In 1842 toe die wintertrek nog gereeld plaasgevind het, moes die Sneeuwbergers dikwels 100 – 150 myl trek om by hul winter-lêveld te kom. Die boere het so die land na die noorde leer ken. Boere sonder grond of seuns wat met hulle ouers se vee getrek het, het maklik in die trekveld agtergebly as hulle daar mooi plase raakgeloop het, want in die ouer distrikte het dit al hoe moeiliker gegaan om bruikbare grond verniet in die hande te kry. Later is hierdie wintertrek oorskadu deur die droogtetrek van die Karoo-boere wat noord van die sneeubergreeks gewoon het na die vlaktes aan die oewers van die Oranjerivier. (Van der Merwe, P.J.: Die Noordwaarse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770 – 1842) P. 119).