d.5. Johannes Cornelis VAN DER WESTHUIZEN, ged. 03/04/1763

d.5.  Johannes Cornelis, geb. 1763, Breederivier, Weskaap, ged. 03/04/1763, Stellenbosch, burger te Stellenbosch x 04/11/1787 met Elsie ENGELBRECHT, ged. 06/11/1768, d.v. Hermanus Johannes Engelbrecht en Susanna Ras.

Johannes Cornelis was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Claudina Engelbrecht.

(https://www.wikitree.com/photo.php/7/7f/Van_Der_Westhuyzen-3-1.jpg)

Sy naam kom voor in hulle suster Johanna van der Westhuizen se sterfkennis van 1835.

Omdat die name van Jacobus en sy eggenote in die opgaafrolle van die veldkometskap "Voor de Piquetbergen" van 1804 nog soos voorheen verskyn, maar in die van 1805 ontbreek, en omdat 'n sekere "Jacobus Koetze Jz" -'n ongehude persoon met net 8 trekosse as besittings - in 1804 opduik op die opgaaflys van 't Veld-Kornetskap van Johs. Cornelis van der Westhuizen aan de Camiesberg In 't Namaqualand", en op die volgende blad in dieselfde band die name van Johannes en Huibrecht Coetzee voorkom, het Mossop dit as vanselfsprekend aangeneem dat Maria Margaretha Cloete dood was, en dat genoemde Jacobus Koetze Jz niemand anders kon gewees het nie as haar oorlewende eggenoot Jacobus Coetzee Jan/sn. wat nou as wewenaar by sy dogter kom woon bet. Dog so eindig die lewensverhaal van hierdie twee mense nie. In teenstelling met die vooruitstrewende Gerrit, het Jacobus dit nooit verder as bywoner gebring nie. Op een tydstip het volslae armoede hom selfs in die aangesig gestaar. Van die ses perde, 50 beeste en 670 skape wat hy aanvanklik besit het, het dlaar in 1804 slegs 8 trekosse oorgebly.  Dit was toe hy tydelik in hierdie nagenoeg behoeftige omstandighede verkeer het dat Mossop, soos reeds gesê, sy naam as Jacobus Koetze Jz op die opgaaflys van die wyk van veldkornet Johs. Cornelis van der Westhuizen in die omgewing van die Kamiesberge aantref en hom sonder meer met sy vader verwar bet. (https://journals.co.za/docserver/fulltext/hist/15/4/952.pdf?expires=1538011712&id=id&accname=guest&checksum=2A47E2DAA2ACB50C9A9E99EBE83F83F6)