Aletta Johanna was die dogter van Nicolaas van der Westhuizen en Catharina Olivier.
DG: Hans Heinrich Hatting en Marguerite-Therese de Savoye.
Die NG Gemeente Paarl is die derde oudste gemeente
van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Die gemeente het vroeër
as Drakenstein bekend gestaan. Die
gemeente se ontstaan is ’n voortvloeisel van die koms van die Franse Hugenote
na Suid-Afrika in 1688. Hulle het aanvanklik geressorteer onder die NG Gemeente
Stellenbosch, maar in 1691 is hulle tot ‘n afsonderlike gemeente, destyds
Drakenstein, gevorm.
Die eerste plek van samekoms was iewers in die buurt van Simondium geleë in ’n geboutjie van hout en klei wat sommige beskryf het as ‘n “vuile hokje” of “‘n gevaarte”. Hier het ds. Pierre Simond, wat saam met die Hugenote Kaap toe gekom het, in keurige Frans gepreek, tot hy in April 1702 sy laaste preek aan die Kaap gehou en na Europa teruggekeer het.
Van Stade se skildery met die eerste kerkgeboutjie (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-die-paarl/)