h.1. Abraham Pieter NEL, geb. 06/11/1924, ged. 11/01/1925

h.1. Abraham Pieter (Pieter), geb. 06/11/1924, ged. 11/01/1925, Kenhardt, oorl. 13/10/1976, begr. Augrabies Padrooi 13 Nel begraafpllaas x 01/07/1949, Vanrhynsdorp met Alida Benoni (Lida) VAN ZYL, geb. 15/05/1929, ged. 30/06/1929, Vanrhynsdorp, oorl. 04/07/2003, begr. Augrabies Padrooi 13 Nel begraafpllaas, d.v. George Sebastiaan Nieuwoudt van Zyl en Alida van der Westhuizen.
 
Abraham Pieter was die seun van Egbertus Johannes Nel en Anna Catharina Kotze.

Name Abraham Pieter Nel
Birth Date 16 Nov 1924
Parent Name Egbertus Johannes Nel
Second Parent's Name Anna Catharina Kotzë
Event Type Baptism
Event Date 11 Jan 1925
Event Place Kenhardt, Kenhardt, Cape Province, South Africa
Event Place (Original) Kenhardt, Cape Province, South Africa, Cape Province, South Africa

Onder regs:  Pieter en Marietjie
























1933 – Pieter, Mias en Drienie – nadat Drienie maagkoors gehad het

V.l.n.r.  Sannie Smit,  Pieter, Bertus, Jeantie Nieuwoudt, Drienie, Krisjan Smit, Eliza Nieuwoudt.

Pieter het sy vrou Lida op Vanrynsdorp ontmoet.  Dit was ‘n baie droë jaar en die mense het met hulle vee na Vanrynsdorp se wêreld toe getrek, agter weiding aan.  Sy was jonk toe hulle getroud is.
 
Name Abraham Pieter Nel
Sex Male
Age
24 years
Birth Year (Estimated) 1925
Spouse's Name Alida Benoni Van Zyl
Spouse's Sex Female
Spouse's Age
20 years
Spouse's Birth Year (Estimated) 1929
Event Type Marriage
Event Date
1 July 1949
Event Place
Victoria West, Cape Province, South Africa 
https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:813P-JJPZ?lang=en
 
Hulle het eers op Nabees, ‘n plaas in die Boesmanland gewoon.  Hulle eerste baba is kort na geboorte dood. Laterjare het hulle na Rooipad toe getrek.  Op Rooipad het hulle in die huis wat die naaste aan die valle se pad was, gaan woon.

Links:  Pieter en Lida    Regs:  Pieter en sy niggie Mollie  

Pieter het op die plase Nabees, Rooipad, Vredehoek en Sandvlei met karakoele geboer.  Hy het by verskeie geleenthede die Suid-Afrikaanse kampioenram en –ooi van die karakoelbedryf besit.
























Hy was nog jonk toe hy aan kanker dood is.  Ses weke nadat hy uit die Kaap gekom het, waar hy behandel was, is hy oorlede.  Lida het vir ‘n tyd lank nog op Rooipad gewoon.  Toe hulle seun Egbie begin boer het, het sy Kakamas toe getrek.