g.8. Anna Sophia Wilhelmina NEL, geb. 20/11/1902, ged. 26/04/1903

g.8.  Anna Sophia Wilhelmina, geb. 20/11/1902, Nous-Wes, Boesmanland, ged. 26/04/1903, Kenhardt, oorl. 11/06/1993, Keimoes x 28/05/1921, Nous-Wes met Gysbertus Johannes Goosen VON WIELLIGH, geb. 19/11/1897, Komogas Biesies, Springbok, oorl. 27/09/1955, Esterhuizensputs, Langklip, Upington, s.v. Hendrik Johannes Oostenwalt von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht xx Hans ALBUS, geb. 23/08/1909, Duitsland, oorl. 11/05/1963, Pretoria, begr. Zandfontein.

Anna Sophia Wilhelmina was die dogter van Johannes Willem Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg.


Gys en Annie

Anna Sophia Wilhelmina (Annie), het op die plaas Nous-Wes grootgeword.  As volwassene word Annie beskryf as ‘n goeie en gemoedelike vrou.  Sy was ‘n statige dame wat die vermoë gehad het om mense op hulle gemak te laat voel.  Sy was selfversekerd, sonder om hoogmoedig te wees en het selde of ooit haar humeur verloor.  Sy was uitstekend met brei- en hekelwerk en het toekennings vir haar werk op plekke soos die Upington skou ontvang.

Johannes Willem Nel wou baie graag hê dat Annie met die seun van die buurplaas, Schalk Willem Schultz, geb. 28/04/1899 moes trou.  Hulle was baie vermoënde mense en hulle familie het ‘n hele aantal plase in die omgewing besit.  Gys was op hierdie stadium nog ‘n baie arm man en Jan was waarskynlik bang dat Gys nie goed genoeg vir sy dogter sou kon sorg nie.  Die storie word vertel dat haar pa vir haar die dag voor haar troue, £100 aangebied het as sy sou besluit om nie met Gys te trou nie en sy het blykbaar daarop geantwoord dat nie eers 100 goue ponde haar van haar besluit sou laat verander nie.  Na hulle troue het Gys en Annie Pofadder toe getrek.  Hier het hy baie pionierswerk vir die dorp gedoen.


Na Gys se dood is Annie met Hans Albus getroud.

Annie en Hans Albus op hulle troudag

Hans Albus was 'n Duitser wat homself in Keimoes gevestig het.  Op 12/06/1946, Kaapstad trou hy met die weduwee  Anna Maria Potgieter (vroeër Swanepoel) van der Merwe en daarna het hulle na die Strand verhuis waar hulle vir etlike jare gewoon het.  Na hul egskeiding het hy na Keimoes teruggekeer, waar hy boekhouwerk vir Keimoes Hotel gedoen het.  Hy het Annie na net twee jaar in 1963 ontval.  Hy het klierkanker gehad en is in Pretoria begrawe.

FAMILYSEARCH

Annie sterf op 11/06/1993 in die hospitaal op Keimoes.

Keimoes nuwe begraafplaas