g.2. Heremias Cornelis NEL

g.2.  Heremias Cornelis

Heremias Cornelis was die seun van Jan Harmse Nel en Jannetjie Sophia Nieuwoudt.

Op 25 Junie 1908 het Jan Harmse Nel sy deel van Sewefontein aan sy drie seuns, Willem Jacobus Albertus Nel, Heremias Cornelis Nel en Johannes Abraham Benjamin Nel bemaak. Twee van die broers, W.J.A Nel en J.A.B Nel verkoop hulle grond aan hul ander broer, Heremias Cornelis Nel.   (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010).

Heremias Cornelis Nel kon nie van die boerdery ‘n sukses maak nie, want op 29 Maart 1927 is hy insolvent verklaar en is die plaas vir drie jaar deur die Malmesbury Board of Executors, Trust and Fire Assurance Corporation, wat as kurator opgetree het, bestuur. Op 11 Julie 1930 het Jan Harmse Nel se skoonseun, Jacobus Nel Boltman, die insolvente boedel van Heremias Cornelis Nel oorgeneem.  Vanaf 1927 het al die omliggende plase se kinders het na Sewefontein se plaasskool gegaan.(‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)