b.3. Jeanne NEL, geb. 1689

b.3.  Jeanne (Johanna), geb. 1689 x 01/01/1708 met Pieter PEIL van Bielefeld, Duitsland xx 1714 met Barend PIETERSE van Wesel, Düsseldorf, North Rhine-Westphalia, Duitsland, geb. 1687, oorl. 1762, Kaap, s.v. Herman Pieters en Neite Goissenhove.

Jeanne was die dogter van Guillaume Nel en Jeanne de la Batte.

1708
1 Januarij
Pieter Pijl van Bijleveld, jongman, met
Johanna Nel van de Caap, jonge dogter.
EGGSA:
Cape Town Marriages 1708
Written by transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Marriages 1696 to 1712

Barend Pietersz – hy het nie ‘n van gehad nie, maar ‘n patroniem, d.w.s. “seun van Pieter” – tree in 1709 in diens van die VOC en kom op 20/12/1709 met die hekboot, die Oegsgeest, in Kaapstad aan. Die volgende jaar begin sy dienstydperk as soldaat in die Kaap. In Desember 1714 word hy ‘n Vryburger. Hy is waarskynlik dieselfde jaar met Johanna Nel, ‘n weduwee, getroud. Hulle doop altesaam sewe kinders, maar net een seun en twee dogters trou uiteindelik. Hy was ‘n wingerdboer en het ook koring geplant, aanvanklik in die Stellenbosch omgewing, o.a. op Vergelegen en Blaauwklippen. Vanaf 1739-1747 kry hy weidingsregte “aan die Mossel Rivier over Hottentot Hollands Cloof.”  In 1762 verskyn sy naam vir die laaste keer op die opgaafrol – hy is dus tussen 1762 en 1763 oorlede.  (Bron: Roux Alta: Barend Pieters en Johanna Nel en hulle nageslag – Privaat uitgawe. Besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf www.genza.org.za)


Hulle het vir 20 jaar op Blaauwklippen geboer en die plaas op 09/11/1742 aan Christoffel Grommet verkoop.  Johanna het die stammoeder van die Pieterse-familie geword.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)


Kinders: 


c.1.  Johanna PIETERSE, ged. 13/10/1715.


c.2.  Hermanus PIETERSE, ged. 19/09/1717, burger te Stellenbosch x 27/10/1748 met  Maria Elizabeth Swart.


FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732

Daar heers gereeld groot verwarring oor nageslag van die twee stamvaders, Barend Pieters van Wesel, en Hermanus Pieters van Nederland.  Barend se enigste seun wat volwassenheid bereik het, se naam was Hermanus (gedoop Stellenbosch op 19.9.1717) – en die ander Hermanus, aan wie die dorpie Hermanus sy naam ontleen het, is eers in 1777 in Nederland gebore.  Sy seun, Hermanus (1717-1756) trou met Maria Elizabeth Swart, en laat slegs twee seuns na. Volgens sy boedel laat hy ‘n opstal op die plaas Kwartelfontein, op die hoek van die Swartberg, na, asook beeste, perde, skape en ander artikels. Sy weduwee hertrou met Casparus Bester (7 kinders) en na Bester se dood trou sy vir ‘n derde keer, en wel met Johannes Gideon de Wege, ‘n man wat byna twintig jaar jonger was as syself – trouens, hy is presies ‘n week na haar oudste seun, Petrus Johannes Pieters, gedoop!  

(Bron: Roux Alta: Barend Pieters en Johanna Nel en hulle nageslag – Privaat uitgawe. Besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf www.genza.org.za)

c.3.  Leonora PIETERSE, ged. 10/09/1719


FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732

c.4.  Elizabeth PIETERSE, ged. 24/08/1721 x Jacobus Swart.


c.5.  Maria PIETERSE, ged. 26/12/1723 (ongetroud oorlede)

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732

c.6.  Johannes PIETERSE, ged. 23/12/1725, burger te Stellenbosch x 23/08/1746 met Margaretha Coetzee.

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732

c.7.  Catharina Wilhelmina PIETERSE, ged. 28/11/1728 x 03/10/1745 met Christoffel Groenewald.

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732