Michael Johannes was die seun van Isaak Johannes Daniël van der Westhuizen en Anna Margaretha Otto.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1920.
Sy naam kom voor in hulle suster Cecilia Maria se sterfkennis van 1921.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1929.
Predikant:
STANDPLASE
1916 Noorder-Paarl (Hpr.)
1917 Noorder-Paarl
1938 Redakteur „Die
Kerkbode”
Dr. Michiel Johannes van der
Westhuizen: Hy is op 9 Mei 1889 op Uniondale gebore. Nadat hy sy studies aan
die ou Victoria-Kollege op Stellenbosch en die Teologiese Kweekskool voltooi
het, is hy in 1913 na Nederland vir verdere studie, waar hy in 1916 die
doktorsgraad in die teologie verwerf het. Hy was eers hulpleraar en sedert 1917
predikant van die gemeente Noorder-Paarl. In 1938 het by redakteur van „Die
Kerkbode” geword, en hierdie betrekking met groot bekwaamheid tot 1959 beklee. Hy was tydens sy bediening lid van die Raad van die Kerke, die Kuratorium van
die Kweekskool, die Proponents-eksamenkommissie en die Kommissie vir
Studentebearbeiding van die Kaapse Kerk. Na sy aftrede het hy ook as
hospitaalbearbeider gedien. Hy was ʼn geliefde persoon in wye kringe, ook buite
ons kerkverband. Hy is op 15 Julie 1966 oorlede in die ouderdom van 77 jaar.
(Jaarboek 1967/569). (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuizen-michiel-johannes/)