Isaak Petrus Jacobus was die seun van Isaak Petrus Jacobus van der Westhuizen en Anna Catharina van der Westhuizen.
In September 1914 het ongeveer 10,000
ontevredenes dwarsoor die land, in afsonderlike groepe, wapens opgeneem in
verset teen Louis Botha se besluit om die Unie se mannekrag beskikbaar te stel
vir Engeland se oorlog teen Duitsland. Die Rebellie van 1914-15 wat gevolg het
was ‘n tragiese tydperk in Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis en was
gekenmerk deur onmin tussen bure, familie en vriende. Binne ‘n bestek van 12
jaar na Engeland se vernietigende ‘Verskroeide Aarde’–beleid van die ABO, was
daar van die verarmde en verslae Boerevolk in die Unie verwag om met die
uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog vir Imperiale Engeland te help veg teen
Duits-SWA. Duitsland se opkoms in die internasionale politiek tesame met sy
industriële groei het Engeland, wat na die ABO afgesonderd van wêreldpolitiek geraak
het, bekommer. Benjamin Disraeli het die verskuiwing in magsewewig in
wêreldpolitiek soos volg beskryf: “The German revolution is a greater political
event than the French Revolution of the last century….”
Vir die Suid Afrikaners was dit ‘n sonde om
te veg teen ‘n nasie teenoor wie hulle geen wrok gehad het nie. Hulle het die
Bybelversie: “Vervloekt zij, die zijns naasten landpale verrukt!” ter harte
geneem. Party is gedwing deur die Unie se Verdedigingswetsontwerp en ander is
met hoë poste bevoordeel of gelok om vir Imperialisme te val of te staan. Tog
het dapper en bekende manne opgestaan en uitgestaan deur te rebelleer teen
Engeland se hardvogtige en onsensitiewe houding teenoor die Boerevolk.
VRYWILLIG OF NIE Tydens Christiaan de Wet se vergadering by Koppies op 23
September 1914, waar die Unie se beoogde veldtog teen Duits-Suidwes-Afrika
kwaai veroordeel is, het Smuts aan almal teenwoordig die versekering gegee dat
slegs vrywilligers in aanvalle teen Duitswes gebruik sou word. Maar op daardie
selfde dag het Smuts in ‘n telegram vir Maritz beveel om sy troepe na die grens
teen Suidwes-Afrika te laat optrek. Daar is niks gemeld in die telegram dat
Maritz net vrywilligers moes gebruik nie en Maritz self was ook nie ‘n
vrywilliger nie. Volgens ‘n latere verklaring van Botha het Smuts hierdie
telegram gestuur om Maritz te toets. Op 11 Oktober, ‘n dag voor Krygswet op 12
Oktober 1914 deur Botha geproklameer is, het Maritz Keimoes en Kakamas deur een
van sy offisiere, Adam Boshoff, laat beset. (Langner & Raath: p141). (Esther Visser Stieger: Die Rebellie van 1914-1915)
REBELLIE NAAMLYS 1914
Van Doopname Plaasnaam Distrik Burgernr.
Datum gevang
Van der Westhuizen Floris Johannes Jacobus
Honderug Urionskraal Van Rhynsdorp 2176 Van der Westhuizen Andries Gerhardus*
Fryersdale Gordonia 1243
Van der Westhuizen Dirk Loots Kakamas
Kenhardt
Van der Westhuizen Johannes Willem Kakamas
Kenhardt 25.10.14
Van der Westhuizen Phillipus Jacobus
Hartebeestereviermond Kenhardt 8.2.14
Van der Westhuizen Johannes Hendrik
Kookersvlei Joosteswerven
Van der Westhuizen J.M. Clanwilliam Van der
Westhuizen Jacob* Rietpoort Loxton Fraserburg
Van der Westhuizen Dirk Johannes Gysbert
Graafwater Clanwilliam
Van der Westhuizen Hendrik Petrus
Proesmansburg Prieska 2471 25.10.14
Van der Westhuizen Jacob Hendrik Schroeder
Gordonia
Van der Westhuizen Willem Molensteenvlei
Calvinia 1865
Van der Westhuizen Cornelius Johannes
Putzonderwater Kenhardt 409
Van der Westhuizen Andries Matheus
Karnemelkkolk Carnavon 1946
Van der Westhuizen Gert Dirk V.S.
Botterleegte Carnavon 811
Van der Westhuizen Carel Johannes Kakamas
Kenhardt 858 3.2.15
Van der Westhuizen Jacobus Andries Kakamas
Kenhardt 10.2.15
Van
der Westhuizen Isaac Petrus Jacobus* Kakamas Kenhardt 961