d.6.
Grieta x Valie ENGELBRECHT
Grieta was die dogter van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.
Valie
en Magrieta Engelbrecht en hulle kinders
Vier kinders
is uit die huwelik gebore:
e.1. Karel ENGELBRECHT
e.2. Engela ENGELBRECHT
e.3. Danie ENGELBRECHT
e.4. Bennie ENGELBRECHT
Grieta se man was ‘n veeboer in Namibiê. Hulle
oudste seuntjie Karel, was die eerste kleinkind in die Engelbrecht
familie. Hy het eers laat begin praat en was ook senuwee-agtig. Soveel so dat, wanneer hy skrik, hy die Grootnaam
gebruik. In die begin was dit oulik,
maar later het dit afstootlik geword.
Hetta het peper geneem en as hy so vloek het sy gedreig om dit in sy
mond te gooi. Later was hy so bang vir
haar, dat wanneer hy vloek, hy gesê het:
“Hier kom sy alweer met die &@$*# peper”.