d.2.
Maria Margaretha Petronella, geb. 12/07/1908, Lutsputs, ged. 08/11/1908,
Upington, oorl. 08/08/1992, Upington, begr. Pretoria, x 24/09/1928,
Keetmanshoop, S.W.A., met Johannes Petrus Louw SCHULTZ, geb. 19/09/1897,
Rosynebos, dist. Kenhard, oorl. 11/09/1970, Bloemfontein, begr.
Bloemfontein. (By haar doop het Karel
Frederik Laufs en Maria Margaretha Petronella Deysel as getuies geteken.)
Maria Margaretha Petronella was die dogter van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.
Johannes en Malie Schultz
Johannes Schultz het as kind soms by sy
ooms en neefs op die plase gehelp en skape opgepas. Op die ouderdom van 30 jaar was hy in diens
van Jerome Le Riche in Kalkfontein (later Karasburg) as winkelier en dit was
hier waar hy vir Malie Laufs ontmoet het. Hy is in 1928 op Keetmanshoop met haar
getroud. Die gevolge van die Engelse
oorlog met sy verskroeide aarde beleid, die rebellie, die runderpes en toe die
groot droogte en die groot depressie (1929-1934) het egter hier vir Johannes en
sy gesin ingehaal en toe niemand meer iets kon koop nie, is die winkel
gesluit. Hulle het na
Boegoeberg verhuis, waar dit bekend was dat Generaal Hertzog se regering ’n
besproeiingskema sou oprig om vir die talle verarmde Afrikaners ’n heenkome te
bied. Daar aangekom is Johannes
aangestel as “Bosgrawer” en het hulle ’n tent in die Boskamp op
Skerpioenpunt as huisvesting, bekend as “Beeskamp, Prieska”, gekry. Na die voltooiing van die Boegoeberg
besproeiingskema is die arbeiders wat daaraan gewerk het, eerste gekeur om as
proefhuurder ’n erf te kry en dan later, as die proefhuurperiode geslaagd was, daardie erf te kon koop. Aan Johannes
is erf nommer 830 toegeken.
Vier seuns
is uit die huwelik van Johannes en Malie Schultz gebore:
e.1.
Johannes Petrus SCHULTZ, geb. 09/09/1929, Keetmanshoop, x met Dorothea
Carolina Bronner, geb. 24/04/1935. (Twee
kinders: Francina Carolina (Ina); Johannes Petrus (Hanke).
e.2.
Daniel Matheus SCHULTZ, geb. 18/02/1932, Boskamp Boegoeberg, Distrik Prieska, x 01/02/1958 met Edna Cilliers, geb. 21/09/1936, Twistniet
Klerksdorp. (Drie seuns: Herman;
Andre; Gerhard)
e.3.
Frans SCHULTZ, geb. 17/08/1933, Skerpioenpunt, x 28/11/1953 met Anna
Cussielia van Zyl, geb. 02/07/1930. (Vyf
kinders: Johannes; Anna Cecilia;
Petrus Zacharias; Frans Van
Zyl; Marius Gerrit)
e.4. Karel SCHULTZ, geb. 25/07/1935, x 10/08/1957
met Daphne van der Walt, geb. 23/07/1938, hertrou met Susanna Aletta Catharina
Venter, geb. 27/11/1944. (Drie
kinders: Carol; Patricia;
Leon)