Johan Hendrik was die seun van Daniël Laufs en Gesina Helena Mattheus.
Kinders van Johan Hendrik en Martha Johanna Gerber:
c.1. Daniel Matheus
c.2. Christiaan Josefus Igbertus, geb. 17/09/1880
c.3. Magdalena Maria, geb. 21/08/1884, ged. 16/11/1884, Aberdeen
c.4. Gesina Helena, geb. 17/04/1887, ged. 07/08/1887
By die doop van Johan Hendrik was een van
die vier getuies wat aangeteken was Johanna Gertruida Laufs, wat sekerlik
Daniel Laufs se moeder of suster moes wees, omdat daar toe nog geen ander
volwasse Laufs in Suid-Afrika was nie. (Schultz, Daniel Matheus: Die
Laufs familie in Suid-Afrika)
Johan
Hendrik het met Martha Johanna Gerber getrou en hulle het vier kinders gehad
toe hulle in 1890 na Rustenburg vertrek het. Rustenburg is in die huidige
Noordwes provinsie geleë. Noordwes
is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die
"tuisland" Bophuthatswana.
Die provinsie lewer ’n kwart van die land se
goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin. Noordwes lewer
sowat ’n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die
suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en
katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en
beesplase. (http://www.mieliestronk.com/provinsies.html)
(http://www.mieliestronk.com/provinsies.html)