i.1. Mariechen VON WIELLIGH, geb. 04/01/1959

i.1.  Mariechen (Lulu), geb. 04/01/1959, Vereeniging, oorl. 21/02/1992, Pretoria.

Lulu was die dogter van Gysbertus Johannes von Wielligh en Marion Dunker.

Sy matrikuleer in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria en verwerf 'n B.Prim IV Graad aan die Universiteit van Stellenbosch.  In 1981 en 1982 het sy in die Paarl skoolgehou by die Hoër Meisieskool Paarl.  Sy het 'n Drama-skool "Lilliput" in 1982 in die Paarl gehad. In 1983 werk sy by SAUK, Johannesburg as produksie-sekretaresse by TV kinderprogramme en 1984 as programorganiseerder by Louise Smit TV produksies. 

Sy was in Oktober 1984 met klierkanker gediagnoseer en het chemoterapie ontvang wat haar dodelik siek gemaak het.  Hierna het sy begin met vryskutwerk soos bv. werk in die geskenke-winkel, skryf van TV programme vir kinders, help met invordering van skuld, die hou van drama werkswinkels vir TRUK en kunswerkwinkel vir 'n drukkery,  Sy het ook 'n kunswedstryd in die Paarl beoordeel.  Sy het twee boekies geskryf, wat haar lyding tydens haar behandeling, asook haar diep godsdienstige ingesteldheid weerspieel . Na 5 jaar het die kanker weer versprei en is sy in Pretoria op  21 April 1992 op die vroeë ouderdom van so 33 oorlede. Sy is veras in die Rebeccastraat  Kremetorium, Pretoria. Sy was nooit getroud nie. (Lynne du Toit)



eGGSA library Gravestones in South Africa Gauteng Gauteng, PRETORIA, Urban area Gauteng, PRETORIA, Pretoria West / Pretoria-Wes Gauteng, Pretoria, PRETORIA-WEST, Rebecca Street, Pretoria West Crematorium and Memorial walls W - Surnames :: Vanne - W WIELLIGH Mariechen, von 1959-1992