g.12. Arend Nicolaas VON WIELLIGH, geb 15/04/1902

g.12.  Arend Nicolaas (Arend), geb. 15/04/1902, oorl. 11/11/1972, begr. Keimoes x met Anna Fransina VAN NIEKERK, geb. 28/05/1905, oorl. 31/05/1967, begr. Keimoes, d.v. Izak Jacobus Marthinus van Niekerk en Anna Francina Maria Dreyer.

Arend Nicolaas was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht.

Uit hulle pa se sterfkennis van 1915:
FAMILYSEARCH

Arend is vernoem na sy oupagrootjie, Johannes Nicolaas en agteroupagrootjie Arend aan vaderskant.  Arend het in Marchand begin skoolgaan.  Na sy ma se tweede huwelik het hy in Bowesdorp, Namakwaland, skoolgegaan. 


Na skool het Arend aanvanklik op Marchand saam met sy stiefpa Cornelissen geboer, maar het later by Messelpad gaan werk.  Dit was die hoofpad tussen Springbok(fontein) en Hondeklipbaai.  Hierna het hy Alexanderbaai toe gegaan vir die ontginning van diamante. 


Nadat hy met Anna van Niekerk getroud is, het hy op ‘n gedeelte van die Van Niekerks se plaas Klipfontein geboer.  Hierna trek hulle na Mesklip, Hardeveld,  ‘n klein dorpie Suid van Springbok, toe.  Hulle kinders Anna en Hannes het op Mesklip begin skoolgaan.   Hierna het hulle na Bowesdorp toe getrek.  Hy het ‘n klein stukkie grond in die Namakwaland besit.












Arend Nicolaas en Anna Fransina

Links agter:  Anna Izak en Hannes










In Augustus 1942 het Arend en familie na Keimoes toe getrek.   Sy broer, Gys het vir hom gehelp om besproeiingsgrond in Keimoes by Tierberg te kan koop.  Hier het hy goed geboer.


GOVERNMENT GAZETTE, 28 SEPTEMBER 1973
 KAAP-CAPE Hierby word kennis gegee dat ons voornemens is om aansoek te doen vir die rojering van die indrywing in die register betreffende sekere Verbandakte 57011950, gedateer 24 Augustus 1950, gepasseer deur Adriaan Nicolaas von Wielligh, gebore op 15 April 1902, ten gunste van die Raad van die Munisipaleit Keimoes, vir die bedrag van drieduisend rand (R3 000). Gedateer te Vryburg op hede die 14de dag van September 1973.-Visser & Pickup, Prokureurs vir Applikant, Dekockstraat 47, Posbus 77, Vryburg. Registrateur van Aktes, Vryburg.
(http://www.lac.org.na/laws/GGsa/rsagg4030.pdf)


Arend het Parkinsens se siekte gekry en  Anna is dood aan dikdermkanker.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, KEIMOES, Urban area Northern Cape, KEIMOES, New cemetery

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, KEIMOES, Urban area Northern Cape, KEIMOES, New cemetery