f.3. Hendrik Johannes VON WIELLIGH, geb. 09/02/1852, ged. 25/04/1852

f.3.  Hendrik Johannes, geb. 09/02/1852, ged. 25/04/1852, Rondebosch, boer van Riethuis,  oorl.  20/01/1915, 62 jr 11 mde, aan sy eie huis, Marchand, dist. Kenhardt, (MOOC 6/9/799 2506) begr. Marchand x 05/02/1882, Bowesdorp, met Gloudina Maria Johanna Catharina ENGELBRECHT, geb. 01/09/1864, van Klipkuil, oorl. 07/08/1951, d.v. Jacobus Adriaan Engelbrecht en Susanna Hendrika Wilhelmina Johanna Goosen. GMJCE xx 29/11/1915 met Jan Cornelissen geb. 17/04/1855.

Hendrik Johannes was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Sarah Henriëtta Smith.

FAMILYSEARCH
Kaapstad, Wynberg en Rondebosch, St. Paul

Hendrik Johannes von Wielligh het as oupa Bollie onder die kinders bekend gestaan.


Ds. J.S. Hauman (1870-1881) was die eerste predikant van die Namakwalandse gemeente.  Nadat hy weg is, was daar ‘n langdurige vakature van 1881-1886.

Alhoewel ek nie dokumentêre bewyse hiervoor het nie, wil dit voorkom asof daar twee buite-egtelike  (onecht) kinders in Horees, Namakwaland vir Hendrik Johannes by twee verskillende vroue, Susanna Maria Mostert en Martha Magdalena Margaretha Coetzee gebore is.  Die oudste van hierdie twee kinders is deur Christiaan August Lagesen en Susanna Johanna Steensma van Seepunt, Kaapstad aangeneem.

Ds. Conradie was predikant van die Namakwalandse gemeente van 1886 tot 1895.  Hy het vertel hoe,  toe die wye Boesmansland in plase (1878) afgemeet is, baie Namakwalanders aan hom gesê het:   "Meneer, as die plase in Boesmansland eiendomsgrond word, dan Iaat ons vat oor die Groot Rivier, want dan sal die wereld hier te nou word."  In verband hiermee skryf. Ds. Conradie :  't Is ‘n wonderlike trek in ons volkskarakter - die trekgees.  Als iets ons tegengaat, als er te veel mensen dicht bij ons komen wonen, als er nieuwe belastingen op ons gelegd worden als het wild beschermd wordt door de regering, als...... we hebben een afdoend middel tegen al die euvelen.... we trekken. We verliezen al ons vee in die nieuwe landen, sterven bij huisgezinnen uit, of worden vermoord door de barbaren. doch de trekgeest blijft voortbranden als een onuitblusselik vuur.  Om toekomstige geslagte te laat weet hoe hul voorouers geleef het, gee Ds. Conradie die volgende beskrywing van die matjieshuise:  Al de boeren in Namakwaland trekken 's winters met hun vee. Sommigen gaan ver van hun woonplaatsen; anderen trekken een kleine distantie van hun muurhuizen, maar allen trekken. Dit is een wet van Meden en Perzen.    (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)  

Hendrik Johannes  en sy gesin het in die Namakwaland tussen plase met hulle skape, bokke, perde en ander diere getrek.  Met die geboorte van hulle oudste dogter, Sannie, was hulle op Horees.  Met die oudste seuns Hennie en Jaap se geboortes was hulle op Garies.  Willie is in 1890 op Kommagas gebore, Sarie op Soebatsfontein en moontlik was hulle ten tye van Dina se geboorte by die Aggenbag familie.



Hendrik Johannes  en Dina het vir twee jaar as bywoners op die plaas van Jannie en Amelia Agenbag gewoon, waar hulle tussen die plase Biesieson en Kootjiesvlei getrek het.  Kootjiesvlei was 'n saaiplaas, waar hulle produkte soos koring verbou het vir huislike gebruik.   Op die plaas was ook 'n meul waar hulle hul eie meel gemaak het.  Met Gys se geboorte was hulle op Springbok.

Kootjies Vlei

Ds. Conradie beskryf verder:  Om het verbuizen gemakkelik te maken, hebben ze matjeshuizen. Ze zijn meestal cirkelvormig, met een doorsnede van 12 tot 16 voet en omtrent 8 voet hoog in het midden. Het raamwerk is een van lange, gebogen hakjesdoorn.  Het dikke einde wordt in de grond geplant en de punten aan elkaar gebonden.  Dit raamwerk wordt dan overtrokken met grote matten, van matjesgoed gemaakt.  De kookscherm is of vooraan of  enige treden verderaf.  Het verhuizen van de een naar de ander waterplek gaat dus gemakkelik.  Vele mensen wooen hun levenlang in zulke buizen. anderen gebruiken ze slechts gedurende de lammeroogst .http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2


1) Women prepare the mats. The reeds are harvested, dried in the sun, cut to the right length, and weaved into mats using hand-made rope.


2) The men collect tamarisk branches at the river, clear them of thorns, tan them over a fire, and bend them into the required shape.

3) The hut is then assembled. The poles are inserted into holes on the ground forming a circular base, and fastened together in a beehive shape. The mats are draped over and fastened to the frame. 


(http://www.richtersveld.net/index.php/site/article_detail/matjieshuis_a_true_nama_art/)

Die Groot Droogte in Namakwaland van 1894-1897 is gevolg deur 'n sprinkaanplaag in 1897 na die reën.  Die Groot Rinderpes (1896-1897) het gelei tot die verarming van die blanke bevolking.  In South Africa 4 500 000 head of cattle died; thanks to
inoculations the Cape lost only 575 864 cattle out of 1 639 435. This was the end of the ox-drawn wagon: the transport riders switched to mules.  Die N.G. kerk het die Arbeidskoloniekomissie gestig wat sedert 1897 ‘n heenkome vir hierdie verarmde Blanke gesinne probeer skep het, deur besproeiingsgebiede rondom Kakamas op die Oranjerivier te ontwikkel.  Hendrik Johannes het uit Namakwaland na Perde Eiland (Witkopeiland) by Marchand, Kakamas getrek.  Hier het hy onbewerkte grond van die Arbeidskoloniekommissie verkry.

Die be
boste oewers van die Oranjerivier moes skoongemaak en die gronde gelykgemaak word.  Hy het die gronde bewerk en gesleep en het  leivore help grawe vir besproeiing, alhoewel hulle slegs basiese gereedskap gehad het.  Hy het in 1915 ‘n beroerte aanval gekry en is te donkiewa tot by Port Nolloth vervoer waarna hy per skip na ‘n hospitaal in Kaapstad geneem is, waar hy gesterf het.  Sy lyk is in ‘n loodkis per skip terug na Port Nolloth gestuur en daarna per donkiewa terug na Marchand gestuur, waar hy begrawe is.

FAMILYSEARCH


Machand 1854 - 1914
Korea eiland begraafplaas

Na haar man se dood het Gloudina op Marchand  voortgeboer.  Die wewenaar, Jan Cornelissen van die plaas Aronegas, Namakwaland het by haar kom kuier.  Hy was as Oupa Grootneus onder die kinders bekend.

Kamieskroon, Aronegas, Biesies

Met sy tweede besoek aan haar, het hy vir Gloudina, as sy vrou saam teruggeneem Aronegas toe.

FAMILYSEARCH
Springbok marriage records 1915-1925. vol 1/1/27/1/4

Twee van haar dogters, waarskynlik Sarie en Helie, sowel as Arend het saam met haar daarheen getrek.  Die ander seuns het voortgeboer, maar dit was nie lank voordat Hennie en Gys met hulle besighede begin het nie.  Na Jan Cornelissen se dood het Gloudina Cornelissen by haar seun Arend en sy vrou Anna gaan woon.  Sy het in 1944 by haar seun Hennie in Pofadder gaan woon tot met haar dood in 1951 en is op Pofadder begrawe.

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, POFADDER, Urban area Northern Cape, POFADDER, Main cemetery