g.2. Johannes Lodewicus VON WIELLIGH, geb. 13/02/1898

g.2.  Johannes Lodewicus (Ds.), geb. 13/02/1898, oorl. 10/03/1971, van Port Shepston aan die Natalse kus x 15/01/1929, Hendrina, Middelburg, Tvl. met Claudina Susanna Aletta BRINK, geb. 12/07/1903, Calvinia, oorl.  09/10/1961, d.v. Andries Willem Brink en Maria Margaretha Kotze.

Johannes Lodewicus was die seun van Pieter Gerhardus von Wielligh en Judith Magdalene van Heerden.

Von Wielligh, Johannes Lodewicus
Ds. Von Wielligh
gebore
13 Feb. 1898
OORLEDE
10 Mrt. 1971
UNIVERSITEIT

gelegitimeer
1928
ORDEN
1929
standplase
1929 Amalia
1940 Langlaagte-Weeshuis
1946 Gobabis
1949 Weza-Port Shepstone
EMERITEER
1963

Ds. Johannes Lodewicus von Wielligh is op 13 Februarie 1898 op Middelburg, Tvl. gebore en op 10 Maart 1971 op Pietersburg oorlede. Hy het in 1928 in die bediening getree en in 1929 leraar van Amalia geword. Vanaf 1940 is hy assistent-direkteur van die Abraham Kriel-Kinderhuis op Langlaagte, totdat hy in 1946 predikant van Gobabis word. Vervolgens staan hy vanaf 1949 tot sy aftrede in 1963 in die gemeente Weza-Port Shepstone. As emeritus sit hy nog as hulpprediker sy geestelike arbeid in verskeie gemeentes voort en vir die laaste vier jaar van sy lewe was hy hulpleraar in Potchefstroom-Suid. Sy arbeidsjare was vrugbaar en geseën. Van sy begaafdheid en besondere belangstellings het sy navorsingswerk op verskeie gebiede getuig, (Jaarboek 1972/541). (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/von-wielligh-johannes-lodewicus/ )

Uit hulle pa se sterfkennis van 1935:
FAMILYSEARCH

Hy was as die Siener van die onbekende bekend.  Hierdie bekendheid het hy deur sy waar voorspellings van daaglikse gebeure in sy gemeente, verwerf.  As ‘n predikant het hy 'n gemeenskap van hoofsaaklik vissermanne gehad, wat hom daagliks geraadpleeg het.

In die Beeld, Johannesburg Finaal, van Vrydag 21 Mei 1993 verskyn die volgende berig deur Joan Altern:  “Ou Bybel soek ‘n spesiale baas.   27 Augustus 1933 was ‘n dag van groot vreugde vir die gesin Von Wiellig van Amalia naby Potchefstroom.  Nie net het die eerste Afrikaanse Bybel die dag die lig gesien nie, maar Ds. J.L. von Wielligh se vrou het ook die lewe geskenk aan ‘n babadogter.  Die kleinding, Deodie, was die honderdste baba wat wyle suster Elizabeth Hoffman van Potchefstroom in die lewe help bring het.  Om die betekenisvolle dag te verewig, het Ds. Von Wielligh een van die eerste Afrikaanse Bybels wat in gebruik geneem is, aan suster Hoffman geskenk.  Die volgende inskrywing is destyds in die Bybel gedoen:  “Net ‘n blykie van liefde en waardering vir wat u vir ons gedoen het die dag met die viering van die Afrikaanse Bybel en die daaropvolgende dae.  Ook as ‘n klein herinnering aan Deodie, die honderdste babatjie.  Mag u werk nog lank en geseën wees”.

Claudina Susanna Aletta BRINK sterf op  09/10/1961 in 'n motorongeluk reg voor die pastorie.

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, HENDRINA, Urban area Mpumalanga, HENDRINA, Main Cemetery W - Surnames :: Vanne - W WIELLIGH J.L., von 1898-1971 & C. BRINK 1903-1961 WIELLIGH J.L., von 1898-1971

Ds. Johannes Lodewicus sterf op 10/03/1971.

eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, HENDRINA, Urban area Mpumalanga, HENDRINA, Main Cemetery W - Surnames :: Vanne - W WIELLIGH J.L., von 1898-1971 & C. BRINK 1903-1961 WIELLIGH J.L., von 1898-1971