f.2. Nicolaas VON WIELLIGH, geb. 06/08/1853

f.2.  Nicolaas, geb. 06/08/1853, oorl. 27/08/1926, Boksburg, Tvl. x 04/10/1875, Paarl met Elizabeth Jacoba WENTZEL, geb. 22/05/1853, oorl. 05/06/1904,, plaas Driefontein, Boksburg, Tvl., d.v. Christiaan Lodewicus Wentzel.

Nicolaas was die seun van Nicolaas von Wielligh en Martha Maria Retief.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1878:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Nicolaas en Elizabeth Jacoba Wentzel
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)

Al in Jan van Riebeeck se tyd het jagters reeds oor die Roodezandpas getrek en in die omgewing van die huidige Tulbagh gejag, maar tot in 1699 het nog geen blankes hulle daar gevestig nie.  W.A. van der Stel het in November 1699 ‘n verkenningstog na die binneland onderneem omdat die koloniste gekla het dat hulle plase te na aan mekaar was.  So 18 – 20 uur te perd uit die Kaap het hy ‘n vrugbare valley tussen die Obikwaberge en die Witsenberge gesien.  Die pragtige valley met sy vrugbare grond en baie hout vir vele koloniste, noem hy die t land van Waveren.  Hier het hy sonder versuim veeboere gevestig deur gratis weiregte aan hulle toe te ken.  ‘n Korporaal en 6 soldate as beskerming het saam die eerste boere in Julie 1700 gegaan toe hulle hul in Waveren gevestig het.  Nogtans moes elke boer snags feitlik met die geweer in die hand slaap om hulle lewe en goed te beskerm.  Omdat daar hierna ‘n vinnige vermeerdering van veeboere was, is die leningsplaasstelsel in 1714 in die lewe geroep.  Hiervolgens was weiregte nie meer gratis nie, maar was ‘n jaarlikse huur van 24 riksdaalders betaal.  Die grootte van die plaas was beperk tot ongeveer 3000 morg.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

Die pragtige vrugbare en waterryke Tulbaghvallei lê soos ‘n perdeskoen omring deur hoe bergreekse.  Slegs na die suide na die Breëriviervallei is dit oop en maklik toeganklik.  Dit was destyds vir die mense in die gebied nie so maklik om op Roodezand (Tulbagh) te kom nie.  Hulle moes eers suidwaarts langs die Olifantsrivierbergreeks reis om onder om die suidepunt van die bergreeks te kom en dan moes hulle oor die moeilik begaanbare Oudekloofpas oor die steil Roodezandberge gaan om Roodezand (Tulbagh) te bereik.  Laterjare het die mense die Nuwekloofpas langs die Kleinbergrivier gebruik wat ook maar ‘n moelik begaanbare pas was en daarby was dit ook ‘n groot draai om by Tulbagh te kom.  Die Witsenbergpas was ook ’n baie gevaarlike en moeilike begaanbare pas.  Dit het groot opofferinge van hulle geverg en daarby was die lang reise na Tulbagh ook nie sonder gevare nie.  Wilde diere was volop en daar moes gedurig teen die rooftogte van Boesmans gewaak word.  Die ligte ossewaens was ook nie bestand teen die ruwe en ongemaakte paaie nie.  Gedurende die reënseisoene was die riviere en spruie in vloed en moeilik begaanbaar.  Die reise is dus slegs onderneem wanneer dit absoluut noodsaaklik was om die kerk op Tulbagh te besoek, veral om kinders te laat doop.   (http://www.vorster.net/wiki/index.php?title=Historical_overview)  Nicolaas en Elizabeth Jacoba Wentzel se eerste drie kinders is op Tulbagh gedoop.  Die volgende drie is in Piketberg gedoop.  Die familie moes tussen 1882 en 1897 na Boksburg verhuis het, aangesien hulle seun Philippus Albertus in 1897 in Boksburg gebore is.

Voor 1860 het Boksburg en sy onmiddellike omgewing, hoofsaaklik uit die hoëveld plase genaamd, Leeuwpoort, Klippoortje, Klipfontein en Driefontein bestaan.
    
Nicolaas het op die plaas Driefontein naby Boksburg in die distrik Heidelberg gaan woon.  Die grond was deur die Mynkommissaris aan JCI (Johannesburg Consolidated Investment) toegeken en hulle het die grond aan die von Wiellighs verhuur.  Die von Wiellighs se bure was die Wentzels van die plaas Driefontein.  Nicolaas was met hulle dogter, Elizabeth Jacoba Wentzel, die dogter van Christiaan Lodewicus Wentzel getroud.

Kinders van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Jacoba Wentzel
Foto:  (http://www.lavonn.net/id26.html)
Agter v.l.n.r.:  Benjamin;  Christiaan Lodewicus Wentzel;  Pieter Gerhardus;  Pieter Retief;  
Philippus Albertus;  
Voor v.l.n.r.:  Elizabeth Jacoba;  Martha Maria Retief;  Maria Christina Johanna.

Prisoners of War
SurnameVON WIELLIGH
NameNICHOLAS
Age49
AddressDRIEFONTEIN
DistrictBOKSBURG
Where CapturedBOSMANSKRANTZ
When Captured1902/01/24
CampOnbekend
CountryOnbekend
Ship (To)Onbekend
Ship (Back)
Number28643
Ref ID27718
(Anglo-Boer War Museum:  An agency of the Department of Arts and Culture)

Ouklaas (1853) en Klasie von Wielligh (1878)

eGGSA library Gravestones in South Africa Gauteng Gauteng, BOKSBURG, Urban area Gauteng, BOKSBURG, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W Wi - Surnames starting with the letters Wi WIELLIGH Nicolaas, von 1853-1926 & Elizabeth Jacoba WENTZEL 1853-1904