e.6. Simon Petrus Johannes VON WIELLIGH, geb. 05/12/1818, ged. 08/02/1819

e.6.  Simon Petrus Johannes, geb. 05/12/1818, ged. 08/02/1819, Malmesbury, oorl.  27/04/1895, Malmesbury x 26/10/1840, Swartland met Hilletjie (Heletta) Geertruyda MOSTERT, geb. 02/10/1821, ged. 10/07/1822, Swartland, oorl. 12/07/1895, d.v. Jan (Johannes) Hendrik Mostert en Anna Dorothea Catharina Truter. Woon Riebeeck Kasteel.

Simon Petrus Johannes was die seun van Arend von Wielligh en sy tweede vrou Johanna Margaretha van Blerk.


Uit hulle pa se sterfkennis van 1843:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Pieter van Meerhoff skryf in sy Joernaalse aanteykeninge dat die geselskap koers gekies het in die rigting van die Tierberg, dan verder tussen die Paarlberg en die Perdeberg deur totdat ‘n hoë berg soos ‘n eensame piramiede voor hulle verrys het.  Hulle het die berg  Riebeecks Casteel genoem ter ere van kommandeur Jan van Riebeeck.  Hulle het daar oornag en op 3 Februarie 1661 die berg bestyg.  Die berg het gewemel van allerhande soorte diere – leeuwen, renosers, paarden (seker zebras) vogelstruysen ende hartebeesten.  Die vrugbaarheid van die grond het hulle ook nie ontgaan nie.

Die vroegste vorm van besetting van die Riebeeck Kasteel gebied was in die vorm van jag- en weilisensies en later die leenplaasstelsel.  Vanaf 1700 is ‘n hele aantal weilisensies in die Swartland en agter Riebeek-Kasteel langs die Bergrivier uitgereik.  Dit was hierdie veeboer pioniers wat ook in hierdie gebied die reg verkry het om graan te verbou.  Daar was egter kompanjie-veeposte voordat daar weiregte toegeken is.  Die eertydse veepos Riebeek-Kasteel was op die plaas DelaFontaine (eienaar Andries Grove).  Volgens die Oude Wildschutte boeke (rekord van toegekenne jag en weilisensies) is die oudste plaasnaam in hierdie omgewing Zoncquas-door-Drift (Zonquasdrif).  Dis eers in 1714 dat die leningsplaas-stelsel sy beslag gekry het.  Ander plaasname uit die eerste helfte van die 18de eeu was:  

Cloovenburg (eers Kloovenberg) in 1704 uitgereik aan Jan Botma
De Dassenheuvel op 26 Sept 1704 uitgereik aan Frans van der Stel
Alles Verloren op 26 Sept 1704 uitgereik aan Catharina Cloete 
De Drie Fonteynen op 26 Sept 1704 uitgereik aan Matthys Greeff
Jonkershoek in 1730 uitgereik aan Jacob Cloeten
Vleysbank in 1730 uitgereik aan Myndert van Ben
Barthholomeusklip in 1731 uitgereik aan Pieter Joubert
Zeekoegat in 1730 uitgereik aan Jona van der Poel
Vlakkenheuwel uitgereik in 1735
Mallerug in 1744 uitgereik aan Pieter Louret
Brakkefontein in 1748 uitgereik aan  Hermanus Bosman

Saam met hierdie weilisensies het hulle ook die reg om een of meer sake koring te saai, gekry.  In ongeveer 1750 was hier reeds ‘n hele aantal pioniers wat gesaai en vee aangehou het.  Die owerhede het baie las van die Boesmans gehad, wat vee geroof en dikwels moord gepleeg het.  Om die diefstalle te bekamp het die kompanjie ‘n militêre pos aan die Riebeecks Casteel opgerig, waarskynlik op die Porseleinberg in die omgewing van die huidige Swartdam. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

Met die bevestiging van ds. J.C. le F. Moorrees in 1833 as predicant van die N.G. gemeente Swartland was die Bergrivier die oostelike en noordelike grens van sy gemeente, gevolglik was hy ook leraar van die N.G. lidmate wat tussen die Riebeek-Kasteelberg en die Bergrivier gewoon het.  Hy het af en toe dienste kom hou by huise aan die Bergrivier.  (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

Op 26 Oktober 1840 trou Simon Petrus Johannes (22) en Hilletjie Geertruida Mostert (18). Hy was 'n landbouer van Malmesbury in die Swartland.  Plaas te Langkloof, Mooreesburg, afd. Malmesbury.

FAMILYSEARCH
Swartland baptisms 1829–42 (moes wees marriages)

In 1843 sterf Simon Petrus Johannes se pa, Arend, by sy huis op Riebeek-Kasteel.



In 1847 is die egpaar doopgetuies by Simon Petrus Johannes Jacobus Dippenaar se doop.

FAMILYSEARCH
Piketberg baptisms 1843-1861

Daar is besluit op ‘n hulp of buite-kerk op Riebeek-Kasteel, waar die leraar een maal ‘n maand op ‘n weeksdag kerk kon hou en dan die sakramente (doop en nagmaal) aan armes en oues van dae kon bedien.  Op 11 April 1855  het N. Walters ‘n stuk grond ‘tweehonderdt en seventien treden in’t vierkant’ as standplaas vir ‘n hulpkerk geskenk.  Op 8 Augustus 1855 het ds. Moorrees die hoeksteen van die hulpkerk gelê.   Die skoolhoof van die skool op  Riebeek-Kasteel was die pragmatiese P.J. van Santen.  Hy het ‘n leidende en besielende aandeel in die oprigting van die hulpkerk gehad.  Hy het destyds sy leerlinge die geleentheid gegee om bydraes vir die bou van die hulpkerk te bring en so 37 pond 10 ingesamel.  In sy notule noem hy die name van 146 kinders wat bydraes gebring het.  Hieraan kan gesien word dat dit ‘n redelike groot skool was.  In die kerkraadsnotule van 1 Mei 1855 word P.J. van Santen beskryf as Onderwyser der Jeugd.  Deur sy onmiddelike opvolgers, Mnre. Von Willingh en J Smit is niks uitstaande op die gebied van die onderwys tot stand gebring nie. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)


Op 23 September 1855 tree die egpaar as doopgetuies op by Nicolaas Johannes Ras se doop.


FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1837-1855 (moes wees baptisms)

In 1857 is die stigting van ‘n nuwe gemeente Riebeek-Wes aanbeveel en die grenslyn is as volg bepaal: “Van de hoek van de Postelein Berg, van de plaats van Jacobus Louw, genaamd DiepeGat langs de Postelein en Riebeecks Kasteel Bergen, Van de hoek van de Riebeecks Kasteelsche berg na de plaats van Daniel Jacobus Smuts, genaamd Nooitgedacht.”  Hiermee was die stigting van die nuwe gemeente Riebeek-Wes ‘n voldonge feit.  Die lede van die hulpkerk te Riebeek-Kasteel het ook stadigaan meer georganiseerd geraak en het tot ‘n gemeente binne ‘n gemeente ontwikkel.  So het onenigheid oor die standplaas van ‘n kerk gelei tot die stiging van twee afsonderlike gemeentes en later twee twee afsonderlike dorpies.  Riebeek-Wes destyds met 144 en Riebeek-Kasteel met 177 lidmate. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

Met Jan Hendrik Ras se doop op 6 September 1857, is hulle weer doopgetuies.

FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1856 – 1885 (moes wees baptisms)

In 1862 is die egpaar doopgetuies by Petrus Simon Kotze se doop.

FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1856 – 1885 (moes wees baptisms)

FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1861-1875 (moes wees baptisms)

Met Hilletje Geertuida Mostert se doop in 1865 is hulle doopgetuies.


FAMILYSEARCH
Swartland membership 1863-1875 (moes wees baptisms)

Op 29 Maart 1868 is hulle getuies by Hilletjie Geertruida Mostert se doop.

FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH
Swartland membership 1863-1875 (moes wees baptisms)


Afwesigheid van ‘n leraar het nadelig op die geestelike stand van die jong gemeente ingewerk.  Gemeente, sowel as kerkraadslede was traag om die kerkdienste by te woon.  Op 8 Oktober 1871 is daar besluit om kerkraadslede wat sonder verskoonbare rede afwesig is met ‘n halfkroon te beboet.  Die kerkraad het ten spyte van hulle finansiële penarie in die tyd ook die rol van ‘n bank of trustkamer vervul.  Gemeentelede het dikwels geld by die kerkraad geleen om op skuld huise op erwe te bou en later af te betaal.

Teen 1880 was ds Moorrees reeds ‘n bejaarde en siek mens en kon nie meer die dienste te Riebeek-Kasteel so getrou waarneem nie.  Hierna is ds. J.S. Hauman van Bowesdorp,  Namakwaland suksesvol beroep.  Dit was ‘n groot dag in die lewe van hierdie gemeente wat nou bykans 18 jaar sonder leraar moes klaarkom, maar nou het die finansiële laste ook swaarder geword omdat die leraar se salaris betaal moes word en ‘n woning voorsien moes word. (Espost, V.A.:  Riebeek-Kasteel.  30 Augustus 1988)

  
Simon Petrus Johannes sterf op 27/04/1895.  Hilletjie Geertruida sterf slegs 3 maande later op 12/07/1895.

Hilletje Geertruida Mostert.  Ouers Jan Hendrik Mostert & Anna Catharina Truter.  Getr. Simon Petrus Johannes von Wielligh.  Oorl. 66jr 4 mde. 27/04/1895.  Plaas te ?kloof.  Moreesburg/Malmesbury.  Kinders.  Arend, Catharina Dorethia x Albertus Hanekom, Johanna Margaretha x Nicolaas Johannes Truter, Wilhelmina Dorothia trou met Dirk Jacobus Kotze, Aletta Katharina (overlede) was getr. Met Petrus Johannes Dippenaar.  (Hulle minderjarige kinders Johanna Margaretha, Hilletje Gertruida, Simon Petrus Johannes.)  Jan Hendrik, Simon Petrus (Johannes), Hilletjie Gertruida x Frederik Christoffel Kotze, Maria Katharina Christina.



FAMILYSEARCH
Malmesbury Civil deaths 1895 – 1972

NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA