e.3. Lambert VON WIELLIGH, geb. 22/05/1811, ged. 02/06/1811

e.3.  Lambert, geb. 22/05/1811, ged. 02/06/1811, Calvinia, oorl. 17/07/1882, Calvinia x 14/10/1832, Kaapstad, met Beatrix Petronella Frederika HUYSAMEN, ged. 24/12/1809, Swartland,  oorl. 19/08/1860, d.v. Pieter Gideon Huishamen en Maria Magdalena Retief xx 30/09/1861, Hopefield met Anna Catharina Johanna GILDENHUYZEN, c. 1815, oorl. 04/09/1885, d.v. Albert Geldenhuys en NN. ACJG voorheen x Floris Johannes Jacobus Brand en Pn van Jaarsveld.

Lambert was die seun van Charles von Wielligh en Petronella van Sittert.

FAMILYSEARCH
DG:  Lambert van Sittert;  Carolina Elizabeth Keeve

Uit hulle pa se sterfkennis van 1855:
FAMILYSEARCH

In 1841 is die egpaar doopgetuies by die doop van Johanna Elizabeth Huysamen.

FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1837-1855 (moes wees baptisms) 

Lambert is saam met sy dogter Petronella Frederika Lamberta op 28 Julie 1850 doopgetuies by Margaretha Elizabeth Petronella Huysamen se doop.

FAMILYSEARCH
Swartland memberships 1837-1855 (moes wees baptisims)

Beatrix Petronella Fredrika sterf in 1860.

MOOC 6/9/91 8063.  Beatrix Petronella Fredrika Huysamen.  Ouers.  Petrus Gideon Huysamen & Maria.  Oorl. 57jr. 19/08/1860.  Kinders.  Petronella Maria x Floris Brand, Maria Magdalena, Beatrix Petronella Fredrika Maria x Albertus Schreuder, Johanna Magdalena 18jr.  Lamberta 17jr,  Charles 20jr.

FAMILYSEARCH

J van Renen en 87 medeondertekenaars het op 26 September 1844 aan die Ring van Tulbagh  vir die bou van 'n kerk "aan zogenaamde Uitspanplaats genaamd de Orangefontein" gevra.  Dié voorgestelde ligging vir 'n kerk was in die distrik Groenekloof en 'n gedeelte van Zwartland en Saldanha Baai, met ander woorde in die omgewing van die huidige Darling.  Op 25 November 1844 het die ingesetenes van Saldanhabaai beswaar gemaak teen die bou van 'n kerk op Groenekloof.  Hulle het beweer dat dit vir hulle 'n twee uur lange tog deur swaar sand na Malmesbury was, maar dat dit vier uur na Groenekloof sou duur.  Hulle het aanbeveel dat 'n kerk aan die Soutrivier, wat deur die huidige Hopefield loop, opgerig word.  Die Swartlandse kerkraad het op 5 Oktober 1850 'n skrywe van ingesetenes van Saldanhabaai behandel waarin hulle versoek om afgeskei te word van die gemeente wat die kerkraad heelhartig gesteun het, omdat dit hul en die predikant se werk aansienlik sou vergemaklik.  Op 22 November 1850 skryf J.J. Kotzé sr. van die plaas Lange Riet Vallei aan die gemeente Swartland dat hulle, omdat hulle baie daarna verlang het dat 'n kerk in hul nabyheid gebou word en omdat dit so moeilik is om die kerk op Malmesbury by te woon, 'n plaas op 'n openbare veiling gekoop het en wat hulle toe vir die helfte van die plaas "Lange Kuil aan Zout Rivier" van die heer Dirk Visser geruil het omdat dit beter geskik is vir die aanleg van 'n dorp. Hulle was van voorneme om erwe daar te verkoop en die opbrengs daarvan te gebruik om 'n kerk te bou. Hulle was ook bereid om die hele eiendom aan die kerk af te staan sodat die kerk dit in die belang van die gemeente en die dorpelinge sou kon gebruik.  Die goewerneur, sir Harry Smith, het die voorgestelde grense van die nuwe gemeente Zoutrivier goedgekeur .  Intussen is daar aansoek gedoen om die naam van die dorp na Hopefield te  verander.  Die gemeente is amptelik gestig en 'n leraar beroep, maar ten spyte van die stigters se belofte dat hulle 'n kerk sou oprig, het die gemeente nog geen eiendom besit nie. Dienste moes in die waenhuis en graanskuur van die plaasopstal gehou word.  (https://www.newikis.com/af/wiki/NG_gemeente_Hopefield)

Voor die stigting van Hopefield in 1851, het die gemeente Swartland uit Moorreesburg, die Riebeekvallei, Darling, Hopefield, Vredenburg en Saldanha bestaan. Dit was 'n byna onbegonne taak vir een leraar om al die gemeentelede in dié uitgestrekte gebied te bedien. Lidmate het ook net die kerk op Malmesbury vir spesiale geleenthede, soos troues, aanneming van lidmate en die bediening van die doop, besoek. Iemand wat aan die kus gewoon het, sou minstens twee weke uit en tuis met 'n ossewa moes reis. Met 'n perdekar het dit minstens 'n week geduur. (https://www.newikis.com/af/wiki/NG_gemeente_Hopefield)

Lambert von Wielligh hertrou op 30/09/1861, Hopefield met Anna Catharina Johanna Gildenhuyzen.

Lambert sterf in 1882.

MOOC.  Lambert.  Ouers.  Charles von Wielligh en Petronella van Sittert.  Boer.  Oorl.  70jr 1md. 29dae,17/07/1882, Calvinia.  Kinders  Petronella, Maria, Janetha , Charles, Johanna, Lambertus.

FAMILYSEARCH