d.15. Nicolaas Johannes VON WIELLIGH, ged. 08/07/1798

d.15.  Nicolaas Johannes, ged. 08/07/1798, Kaapstad x 03/08/1817 met Hilletjie DE WAAL, ged. 09/12/1792, oorl. 02/05/1853, (60 jr.), aan huis van Arend von Wielligh, (MOOC 6/9/62 1960), ouers moontlik Hendrik de Waal en Catharina Maria Uys.

Nicolaas Johannes was die seun van Arend von Wielligh en Johanna van Sittert.  


Hy was een van 'n tweeling.


FAMILYSEARCH
DG: van die tweede:  Arend von Wielligh (Arend zoon) en Johanna  von Wielligh

FAMILYSEARCH
Cape Town Baptisms 1795-1808

Vir bykans 200 jaar nadat die Europeërs hulle in Kaapstad gevestig het, het die meeste ontwikkeling op die Skiereiland plaasgevind, omdat dryfsand en vleilande dit moeilik gemaak het om die Kaapse Vlakte oor te steek.   (http://www.ekapa.ioisa.org.za/ ekapaafr/module3/settlement.htm)  The Black and Liesbeek Rivers flowed into the Salt River and, together with the Diep River from the north, created an extensive estuarine system of marshes around Paarden Eiland.  The settlers grew fruit and vegetables and planted wheat between the Liesbeek River and the main route to the south, the Wagenpad na t’Bos. Their main activity though was stock rearing like their predecessors. A group of farms developed in the vicinity of the present day Coornhoop known as De Hollandse thuijn.  Between Coornhoop and the sea was Jan van Riebeek’s own farm Uitwyk, later known as Malta farm. The farm Vaarschedrift lay between Malta farm and the Salt River.  It was a cattle drift between the Table Valley settlement and the interior. There were several farms between the two rivers, Valkenberg, Bloemendal and Vredenberg. There was little development to the east of the Black River which remained a wilderness of marshland and shifting sands and almost no grants of land were made. A series of windmills were however erected, the Oude and Niewe Molen, all built between 1780 and 1800, towards the end of the VOC period. The road network was extended with a number of crossing points over the rivers. Besides the Oude and Niewe Molen complexes the Valkenberg farmstead is probably the most significant remaining element from the VOC period. The extensive pastures and fields of grain have almost all disappeared under suburban development. (https://www.capetown.gov.za/en/Reports/Documents/2RiversBaselineHeritageStudy.pdf)   Teen die einde van die 18de eeu het daar op die plase Roodebloem, Altona, Zonnebloem en Leliebloem teen die onderste hange van die Windberg, dorpies met dieselfde name ontstaan.  (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)


Hierdie vier landgoedere het bekend geraak as Papendorp, nadat Pieter van Papendorp in 1788 ‘n stuk grond tussen die kasteel en die Soutrivier vir 4 000 floryne gekoop het.  Van Papendorp se huis aan die stowwerige hoofweg, is kort daarna gevolg deur ander huise.  In die huidige Albertweg is ‘n koringmeul opgerig. (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)


Kaart uit .  (Pretorius, Fransjohan, red. Geskiedenis van Suid-Afrika van voortye tot vandag.)

Die Kaapse predikante het destyds die geestelike sorg van die hele bewoonde deel van die Skiereiland, op hulle geneem.  Vir baie van die inwoners van die Suid-Skiereiland, tussen Simonstad en Soutrivier tot by Kuilsrivier, het die afstand na Kaapstad met die swaar bergpaaie en die dwarrelende waaisand van die Kaapse Vlakte en Duine gereelde kerkbesoek erg bemoeilik.  En vir dieselfde rede sou leraars van die Kaap die mense ook maar nie te ywerig opgesoek nie.  (http://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_RondeboschIn 1799 word daar melding gemaak van dienste in die Groote Kerk se buitewyk Papendorp.  In die argiefstukke van 1799 word melding gemaak van ‘n kapel en ‘n skool van die Ned. Geref. Kerk waarvan die onderwys op Calvinistiese leer gegrond is.  Neëntig kinders het daar onderrig ontvang.  (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)

Die Kaapse samelewing was aan die begin van die 19de eeu gekenmerk deur ‘n streng klasseverdeling.  Dit het bestaan uit outokratiese regeerders, welvarende grondbesitters, ondernemende sakelui, vrye arbeiders, arm bywoners, gekontrakteerde werkers en slawe.  Saam met hierdie klasseverskille was daar ook ‘n toenemende rassebewustheid aan die Kaap.  Ras en klas het dus in ‘n groot mate mense en groepe se status bepaal.  Faktore soos vryheid teenoor gebondenheid, mag teenoor onmag en rykdom teenoor armoede is uitgebalanseer deur gemeenskaplike behoeftes en verwagtinge, wat tot ‘n groter eenheidsgevoel gelei het, veral tydens eksterne bedreiging.  Daarom is dit verstaanbaar dat die gemeenskap getraumatiseer was deur die Britse militêre oorname in 1806.  (Pretorius, Fransjohan, red. Geskiedenis van Auid-Afrika van voortye tot vandag.)
 
Op 10 Januarie 1806 is die vredesverdrag tussen Brittanje en Nederland in Van Papendorp se huis onderteken.  Aan Britse kant het genl. Maj Baird en kommodoor Hope Popham geteken, terwyl Lt. genl. Von Prophalow namens die Nederlanders die verdrag oorgawe geteken het. (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)
 
Die tolhek dateer uit 1812.  Waens het 6s betaal, karre 9d. en dit het 2.25d. gekos om ‘n skaap deur die hekke te bring.  Die tollenaar het dikwels die swaar slagboom op die voertuig laat val en dit beskadig.  Uit hofverslae weet ons dat vuisslanery nie ongewoon was nie.  In 1856 het die tollenaar die vermetelheid gehad om ‘n brandweerwa te stop en ‘n polisie-inspekteur moes onderweg na ‘n brand terugkeer, omdat hy nie 2d. gehad het om vir ‘n perd te betaal nie.  (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)

Teen die jaar 1820 het die Blanke bevolking van Kaapstad sowat 8 000 getel.    Die syfer het vinnig toegeneem en die stad het in alle rigtings uitgebrei. Die middestad was nog die belangrikste woonbuurt, maar openbare geboue en handelshuise het langsamerhand die statige burgerwonings begin verdring. Vir die welgesteldes en die deftiges het dit ál meer gewoonte geraak om na die latere voorstede uit te wyk.

In 1845 het Papendorp sy eerste Engelse kerk en skool gekry.  Die gemeente het hoofsaaklik uit Blankes en (‘n paar) Kleurlinge bestaan.  Op 13 November 1849 is ‘n kapel van die Londense Sendinggenootskaf aangeskaf en behalwe gereelde godsdiensoefeninge is daar ook in die gebou skoolgehou.  Hierdie kapel was naby Van Papendorp se huis geleë.  Daar is later besluit om ‘n kerkgebou op te rig “op het land van Altona” – waar die twee kerke (en ook die Presbiteriaanse Kerk) staan.  In 1849 is daar ook ‘n Ned. Geref. kerkskool geopen.  Mnr. George Engels was die eerste onderwyser.  (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)

Teen 1846 was meer as die helfte van die Kaapse Vlakte-gebied private plaasgrond, bv. Montagu’s Gift, Duinefontein en Pampoenkraal (later Mitchell’s Plain). Die grond was arm en min van die plase was permanent beset.

(http://www.ekapa.ioisa.org.za/ekapaafr/module3/settlement.htm)

MOOC 6/9/62 1960.  Hilletjie de Waal.  Geb. plek en deeze uithoek.  Oorl. 60 jr.  02/05/1853 aan huis van Arend von Wielligh.  Getr.  Wylen Johannes Nicolaas von Wielligh.  Kinders.  Arend,  Hendrik Johannes, Johanna Hendrina, vrou van Jeremias Hayes, Johannes Nicolaas Thomas,  Wilhelmina Dirktina, vrou van Meyer.  Ouers H.K. de Waal & Kaatje de Waal.   
 
Die gebrek aan ’n doeltreffende vervoerstelsel in die Kolonie het baie daartoe bygedra om die vooruitgang op handelsgebied te strem. Daar was geen goeie paaie of brûe nie; vervoer moes deur middel van die ossewa, wat slegs ongeveer 29 km per dag kon aflê, geskied. Die bou van goeie paaie is in die veertigerjare begin.  In die 1840’s is 'n brug oor die Soutrivier gebou en 'n verharde pad is tussen Kaapstad en Stellenbosch gebou, min of meer waar Voortrekkerstraat vandag is.  Huise en besighede het stadig langs hierdie roete begin ontwikkel. (http://www.ekapa.ioisa.org.za/ekapaafr/module3/settlement.htm)  Met die hulp van bandiete-arbeiders is paaie deur die bergpasse aan die kus gebou. Sir Lowryspas, Bainskloofpas en die Montagupas het vervoer na die binneland deur middel van die poskoetse vergemaklik.  Daar is toe nog nie met die aanlê van spoorweë begin nie.

http://www.bidorbuy.co.za/item/182399405/Old_Cape_Town_SALT_RIVER_DOCTOR.html
 
Met die bou van die spoorlyn (begin 1859) na Wellington het Papendorp die eerste stasie van Kaapstad af, met rasse skrede vooruitgegaan en spoedig tot ‘n belangrike nywerheids en woongebied ontwikkel.  Verskillende fabrieke is opgerig en die ou landelikheid het plek gemaak vir nywerheidsontwikkeling.  Teen 1870 was daar slegs 96,558 km spoorlyn aangelê, wat Kaapstad met Wynberg en Wellington verbind het.

http://www.bidorbuy.co.za/item/182399405/Old_Cape_Town_SALT_RIVER_DOCTOR.html

Wolraad Woltemade se melkplaas was in Soutrivier geleë en was die toneel van die heldedaad waartydens Woltemade en sy perd Prins die drenkelinge van die De Jonge Thomas gered het.    (Marais, J.J. Dr.:  Grepies uit die geskiedenis van Woodstock)   In 1881 het die dorpie Papendorp met Soutrivier saamgesmelt. Die naam is later na Woodstock verander.