b.4. Jacobus,
ged. 01/04/1714, oorl. 08/12/1795, burger te Stellenbosch x 16/02/1749
met Johanna VICTOR, geb. c. 1717. (Haar
pa was moontlik Gerrit Victor. Hy het as
doopgetuie geteken by hulle eerste kind Nicolaas se doop)
Jacobus was die seun van die stamvader Nicolaus von Wielligh en Elizabeth van Wijk.
DG: Jacobus
Stijn
primo April
Jacobus
Nicolaas van Wieling, en Elizabeth van Wijk
Jacobus Stijn.
Jacobus
Nicolaas van Wieling, en Elizabeth van Wijk
Jacobus Stijn.
EGGSA: Cape
Town Baptisms 1714. Written by transcribed by Corney Keller.
DG: Jacobus Stijn
was die aangenome seun van Douwe Gerbrandts Steyn (kerkhofopsigter StB) en
Maria Lozee (free black woman). Jacobus
was met Maria Potgieter getroud, het die plaas Welgemeend (Kampstraat) besit,
was ‘n slagter en brouer van brandewyn.
Die ekonomie van die Kaap was afhanklik van skeepsbesoeke
en oorloë in Europa met verhoogde skeepsverkeer het periodes van voorspoed aan
die Kaap tot gevolg gehad. In 1748 was
daar so ‘n tydelike opflikkering toe ‘n vloot van 26 Engelse skepe ‘n tyd lank
aan die Kaap vertoef het. Die boere se
produkte was vir ‘n tyd lank goed in aanvraag.
Nie lank na hierdie opflikkering nie, het die ekonomiese aktiwiteit weer
so afgeplat dat bestaansnood by die burgers ingetree het. Met Ryk Tulbagh se koms na die Kaap was daar
‘n periode van depressie. Veral wynplase
het swaar gekry. (Willem Adriaan Cruywagen Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP): Die Cruywagens van Suid-Afrika: ‘n genealogiese en kultuurhistoriese
ondersoek.) Die burgers aan die Liesbeek
rivier het vrugte en groente verbou en het koring geplant tussen die Liesbeek
rivier en die hoof roete na die suide, die Wagenpad
na’t Bos. Veeboerdery was egter
steeds gewild soos wat dit die geval was met hulle voorgangers.
Den
16 Februarij
Jacobus
van Wielig van Cabo de Goede H:
burger
aan Stellenbos, met
Johanna
Victor van Cabo voornt:
EGGSA
Cape
Town Marriages 1749
Written by
transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Marriages 1713 to 1756
In 1752 het daar benewens die Kaapse pag, ‘n algemene
wynpag vir die platteland bestaan wat in 1714 ingestel is vir Stellenbosch en wat
na Hottentots Holland en Drakenstein (Paarl) uitgebrei is. Teen 1752 het daar ook
‘n aparte pag vir Rondebosch bestaan wat Valsbaai (Simonstad)
ingesluit het. Sowel die algemene wynpag
vir die platteland as die vir Rondebosch - Valsbaai het aan die betrokke
pagter die reg verleen om in bogenoemde gebiede wyn in hoeveelhede kleiner as ‘n halfaam aan die publiek te verkoop. Daarby het hy·ook die reg gehad om ander
Kaapse dranksoorte en Europese brandewyn by die kleinmaat te verkoop. (G.J. Jooste:
Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 –
1795. Skripsie ingelewer vir die graad
van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch. 31 Oktober 1973.) Jacobus se naam
verskyn in die argiewe van die Kaap de Goede Hoop in aansoeke vir die verkope
van alkohol op die plaas Varietas geleë aan die Liesbeekrivier.
Die plaas Varietas is geleë onder Duiwelspiek
(Windberg). Soos die plase langs die
Liesbeekrivier gevestig geraak het, het inns en kleinhandelsake begin
oopmaak. In 1723 is ‘n alcohol lisensie
aan Johannes Beck toegestaan en hy het ‘n klein tavern oopgemaak. Herman Combrink het die plaas Varietas, later
bekend as Driekoppen (vandag Mowbray) na sy vrou se dood in 1738 gekoop. In 1754 was die grond in die
besit van Johannes Bruijns. Vanaf 1754 was
Jacobus ‘n bytapper op die plaas Varietas van Johannes Bruijns.
“A sketch of the original
Driekoppen Inn” (Abigail Miles: A history
of Rhodes Avenue Mowbray)
Naas die wynpagte het daar ook teen 1752 ‘n bierpag aan die Kaap bestaan. Die voorwaardes van die bierpag het bepaal dat
enige persoon bier by die brouery kon koop en dit by die groot of kleinmaat kon
verkoop. Bier was van regeringsweë nie
aan prysbeheer onderhewig nie. Die
bierpagter wat tussen 1752 en 1795 ook die bierbrouer was, het gewoonlik twee
tot drie taphuise gehad waar hy bier aan die publiek by die kleinmaat verkoop
het, wat hulle tuis kon verbruik. (G.J. Jooste:
Die geskiedenis van wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 –
1795. Skripsie ingelewer vir die graad
van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch. 31 Oktober 1973.)
Aletta
de Nijs (bierpaghter oor vier dekades en bytapper in die Rondebosch/Valsbaai
area) se seun uit haar eerste huwelik, Jan Biesel het die Rondebosch en
Valsbaai area se Kaapse wyn en een kwart brandewynpag vir een jaar gedurende
1754 gehou.
“The brandy pachten were sold in
four parts, each auctioned off separately. The VOC bookkeepers noted in which
order the parts were sold. Since auctions first went up to a high price, and
then down from a much higher price, it is likely that a nervous, inexperienced
or very keen buyer would stop the bidding at a higher price than what it could
have.”
“Brandy was, along with the Cape
wine, the most popular of the alcohol pachten and had a huge set-off (reflected
by the fact that both pachten were divided into four parts). Unlike Cape wine,
though, the brandy pachten could be bought much cheaper”. (Gerald
Groenewald: An Early Modern
Entrepreneur: Hendrik Oostwald Eksteen and the Creation of Wealth in Dutch
Colonial Cape Town, 1702–1741 1 Department of Historical Studies, University of
Johannesburg)
1754. “Biesel (Jan) ; burgher ; Lessee of the Cape
wines and brandies at Rondebosch ; asks permission to appoint Joh. Bruijns and
Joh. v. Aarden (Johannes
van Aarde, s.v. Hendrik van Aarde van Antwerpen, Belgium en Susanna Mouton) as branch retailers on their farms at
Rondebosch and Saltriver; and Jacobus van Wielig on the other farm of Bruijns,
named " Varietas." (No. 94.)”
Jan
Frederik Hurling was ‘n Sweedse kolonis wat in 1743 as soldaat aan die Kaap
gekom het. Hy het dieselfde jaar ‘n timmerman (carpenter) geraak. Hy het burger status verkry en het in 1754
die pagter van 3 dele van die brandewyn en gedistilleerde water lisensie geraak.
Wishes
to establish branch taps. (No, 129.)
Dingsdag den 3: Septemb:r 1754. Desgelijx
is aan den pagter der Coele en Brandeweijnen aan 't Ronde bosje en in de Baaij
Fals Jan frederik Hurling gepermitteert, om tot beeter voortsetting zijner
neering, de Burgers Jan Bruijns op desselfs woonplaats, mitsg:s Jacobus van
Wielig op het ander plaatsje van gem: Bruijns gen:t Varietas, als bijtapperste
mogen aanstellen, als meede om bij de Soute Rivier omtrent de wooning van den
meede Burger Johannes van Aarden een Hut of sogen: Harte beeste huijsje te
mogen opsetten, om daarin door ijmand Sijnentweegen te laaten Tappen, welke Hut
of Huijsje egter naar het Expireeren van het Pagtjaar door hem Hurlig weederom
Sal moeten afgebrooken en uijt den weg geruijmt werden. (Reference code: C. 132, pp. 325-355.)
Hurli(n)g (Jan Frederik); burgher;
Lessee of the Cape wines and branches at Ronde bosch; asks permission to
open 3 branches visE., at the house of Joh. Bruijns at Rondebosch, at the house
of Jac v. Wielig on the other farm of Bruijns named “Varietas” at the Salt
River, where he wishes to build a small house for the third branch. (Archives of the Cape of Good Hope. See also 1755, No. 97; and 1756, No. 1271.) (No. 102.)
In 1756 het die Politieke Raad besluit dat daar voortaan op
Sondae en feesdae aan die Kaap geen wyn verkoop of musiek in tapperye gemaak
mag word nie. Die besluit is ook na die
tapperye buite die Tafelvallei uitgebrei.
(G.J. Jooste: Die geskiedenis van
wynbou en wynhandel in die Kaapkolonie, 1753 – 1795. Skripsie ingelewer vir die graad van Magister
in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch. 31 Oktober 1973.)
Van al die von Wielligh seuns het dit skynbaar finansieel
die moeilikste gegaan met Jacobus. Ten
tye van sy dood in 1795 word geen vaste eiendom of slawe in sy boedelinventaris
gelys nie. Dit lyk ook of hy op die
plaas Varietas ten tye van sy dood gewoon het.
Aan d’ Drie Coppe in het huijs van den overleedene Jacobus van Wielig
gevonden en bij occasie van deese tyds gelegentheid met versoek van de vrinden
d’ goederen nagesien als volgt…
In de camer aan de
regterhand: een kast verzegelt en een
lessenaar; een kadel met zijn
behanzels; een bulsakke en agt
kussings; twee peule; drie combaarse; een rustbank;
twaalf stoelen; vijf tafels; een scheerbekking; een pijperak;
drie spiegels; vier rakken; vier en veertig porselijne borden; vier schotels; vier tinne borden; elf spoel comme; een capstok daarop een glase cannetje/stelletje; vier tinne trek potte; een partij boeken; een klijne Bijbel; vier kandelaars; een kadel;
een pijpe rak; drie
spiegels; vier vogel kouwen; vier paarde;
zaal en toom; een karre; drie snaphanen; drie schilderijen; vier ketels met een comvoor; een koper koffie kan; een tinne water fles; vijf eijser potte; een waterhalfvaam met twe emmren; vier panne;
een eerde vergiet tes; tang en rooster;
een as schop; een kop: strij eyser;
twee eijsere; een koffe
molen; een fiool; een trompet;
een hakkebort; een rijstblok met
sijn stammer; zes lepels; zes vorke;
een kist met rommeling; een trok
tafel; een tol tafel; een tabaks bord; twee leije;
een tinne pot; agtien botteljes;
een kelder met vlesse; drie vuijl rokke
van de vrou; een voorschoot; een neusdoek.
(Inventories of the Orphan
Chamber Cape Town Archives Repository, South Africa. Ref no.: MOOC8/8_no number 01)