g.6. Cornelia Johanna VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/06/1889, ged. 07/07/1889

g.6.  Cornelia Johanna, geb. 25/06/1889, ged. 07/07/1889, Kroonstad, oorl. 25/10/1968, Crosby, Johannesburg x 04/10/1909, Kroonstad met Willem Johannes VAN DEN BERG, geb. 1884, oorl. 25/09/1964, Sterling, dist. Lindley.

Cornelia Johanna was die dogter van Cornelis van der Westhuizen en Cornelia Johanna van Niekerk.

Haar naam kom voor in hulle oupa Barend Johannes van Niekerk se sterfkennis van 1896.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1928.

Die eerste predikant van Kroonstad was ds. P.A.C. van Heyningen, wat die gemeente van 1866 tot 1867 gedien het. Daarna het ds. H.W. van der Merwe van 1870 tot 1876 gedien. Van Augustus 1877 tot Desember 1914 het die begaafde prediker ds. G.W.B. van der Lingen die gemeente bedien.  Tydens sy dienstyd is twee kerke op Kroonstad gebou. Die tweede kerkgebou van Kroonstad is op 24 November 1877 ingewy.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-kroonstad/)

Volgens haar sterfkennis was haar geboortedatum 25/06/1889

Volgens haar sterfkennis woon hulle op Sterling, dist. Lindley.

Voor 1876 het die gebied wat die distrik Lindley geword het, kerklik onder Bethlehem en Kroonstad geressorteer. Op 27 Julie 1876 is besluit om die nuwe gemeente Lindley te stig en die grenslyne te bepaal.  Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) is die kerk sowel as alle geboue op die dorp afgebrand.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-lindley/)

Lindley se vorige NG kerk nadat die Engelse dit tesame met die res van die dorp tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan die brand gesteek het.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-lindley/)

’n Besluit om die kerk te herbou is op ’n kerkraadsveragdering op 25 April 1903 geneem. Die plegtige inwyding het op Sondag 21 Augustus 1904 plaasgevind. Die huidige kerkgebou is gedurende die dienstermyn van ds. P.H.H. van Huyssteen ingewy en wel in Augustus 1927.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-lindley/)

Kinders:

h.1.  Cornelia Johanna VAN DEN BERG x Willem Stevens

h.2.  Susanna Maria VAN DEN BERG x Hendrik Griesel

h.3.  Cecilia Johanna VAN DEN BERG x Frederick Wentzel

h.4.  Rudolph Johannes VAN DEN BERG

h.5.  Cornelis VAN DEN BERG

h.6.  Charlotta Maria VAN DEN BERG x Abraham Cilliers

h.7.  Willem Jacobus VAN DEN BERG

h.8.  Hermanus VAN DEN BERG

h.9.  Elsie VAN DEN BERG x Samuel Vosloo

h.10.  Jacobus Johannes VAN DEN BERG

h.11.  Gloudina Maria VAN DEN BERG x D.E.K. van Niekerk

h.12.  Barend Jacobus VAN DEN BERG

h.13.  Elizabeth Henrietta VAN DEN BERG x Jacobus Pretorius