h.1. Petrus Johannes VON WIELLIGH, geb. 1938

h.1.  Petrus Johannes (Johann), geb. 1938, oorl. 2022 x Beatrice Hendrina VILJOEN.

Petrus Johannes was die seun van Simon Petrus Johannes von Wielligh en Gertruida Anna Reeder.

In die 1950’s het daar gereeld pleidooie in die destydst “Wellington Bolander” weekblad verskyn vir ‘n eie museum vir die dorp.  Uiteindelik is daar gehoor gegee aan die oproep vir ‘n Wellington Museum toe dr. Owen le roux die saak weer aangeroer het en ‘n stigtingskomitee in 1969 byeengeroep het.  Die Museumkomitee is gelas om ‘n plan van aksie op te stel.  In hierdie stadium was daar reeds sprake dat die Sendingmuseum in Huis Samuel na Stellenbosch sou verskuif.  Dit het ook so gebeur, maar ons kan uiteindelik ‘n sug van verligting slaak, want die kosbare versameling is (2016) terug in Wellington waar dit hoort.  Daar is naarstiglik gesoek na ‘n geskikte perseel vir ‘n volwaardige museum.  Daar is gekyk na ‘n moontlike museum in Victoriapark, Goodnow Hall is oorwee, Ferguson Hall was ‘n moontlikheid en so ook Clairvaux, die ou Sendingpastorie in Hoofweg, die Burgerhuis in Pentzstraat en weereens Victoriapark.  Uiteindelik het Leoni van Niekerk tot die redding gekom en ‘n gebou in Kerkstraat 54 beskikbaar gestel.  Dit was oorspronklik die huis van Dr. Christy Beyers.  Op Woensdag 1 Desember 1976 het die Museumkomitee onder voorsitterskap van Con Hofmeyr ‘n deel van die gebou vir besoekers oopgestel.  Nog moeilike jare het gevolg tydens die soeke na permanente huisvesting.  Daar was ook finansiële problem wat oorkom moes word.  Liefdeswerk in die museum is deur ‘n vrywilliger, Oubaas Malan, verrig.  Hy het as sekretaris opgetree en het ywerig gesoek na ‘n permanente plek.. Dr. Owen le Roux, voorsitter van die destydse Beheerraad, het ook onverpoosd gewerk om die museum as provinsiaalondersteunent verklaar te kry.  Vanaf 1 Julie 1984 is Wellington Museum verklaar as ‘n provinsiaal-ondersteunde museum.  In daardie stadium was Wellington Museum die 38ste geproklameerde provinsiale museum in Kaapland.  Verskeie rolspelier het deur die jare heen onversppos gewerk om ‘n permanente tuiste vir die Wellington Museum te vind.  In 1981 het H.R. Chamberlain van die Hugenote Hoërskool voorgestel dat die ou Skoolraadskantoor in Kerkstraat dalk die oplossing sal bied.  Hierdie gedagte is ook ondersteun deur mnr. Etienne Smit, rector van die Onderwyskollege.  Uiteindelik deur die bemiddeling van die destydse LPR Johann von Wielligh, is die gebou aan die Museumraad verhuur. (https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/paarl-post/wellington/wellington-museum-vier-40-gloriejare-20161123-2)



(https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/paarl-post/nuus/staatmaker-na-siekte-oorlede-20220713-2)