z.2. Archibald John STUART WORTLEY, geb. 27/05/1849

z.2.  Archibald John  STUART WORTLEY, geb. 27/05/1849, oorl. 11/10/1905,  Uxbridge, Middlesex x 1884 met Nelly BROMLEY (aktrise). 

Archibald John was die seun van James Archibald Stuart Wortley en Jane Thompson.

(Foster, Joseph:.Pedigrees of the County Families of Yorkshire, Vol. 2, West Riding.  London: 1874)

Hy was 'n portretskilder.  In 1878 het hy die Arts and Crafts-argitek Edward William Godwin opdrag gegee om 'n huis en ateljee vir hom te ontwerp in Chelsea, 'n modieuse area vir destydse kunstenaars. Chelsea Lodge, soos dit genoem is, was in Titestraat op die hoek van Dilkestraat geleë en het twee stelle hoofkamers en ateljees gehad wat Stuart-Wortley in staat gestel het om dit met Carlo Pellegrini, die bekende karikaturist, te deel. Die reëling het blykbaar nie uitgewerk nie en hy het die huis die volgende jaar verkoop. Stuart-Wortley het toe nog 'n huis vir hom laat bou, Canwell House op nr. Titestraat 29, waar hy tot 1885 gewoon het.

"Sports and Arts". Caricature by Spy published in Vanity Fair in 1890

Teen 1881 het die aktrise Nelly Bromley by hom ingetrek en die paartjie is in 1884 getroud, met Stuart-Wortley wat pa vir haar vier kinders geraak het.

Hy is op 11 Oktober 1905 in Uxbridge, Middlesex, oorlede. Sy boedel was £3622 werd.

St Leonards kerk in Wortley

Archibald Stuart Wortley