h.1. Petrus Jacobus NEL, geb. 11/08/1874

h.1.  Petrus Jacobus, geb. 11/08/1874, ged. Albanie, oorl. 12/08/1937 x Fiksburg met Dorothea Maria (Dora) DE VILLIERS, geb. 01/12/1881, ged. 08/01/1882, Fiksburg, oorl. 09/07/1933, d.v. Jan Jacobus de Villiers en Christina Susanna van Niekerk xx 09/04/1935, Reitz met Martha Jacoba (Maud/Kleinouma) DE VILLIERS, geb. 06/01/1907, ged. 03/03/1907, Ficksburg, oorl. 02/10/1992, Reitz, d.v. Jan Jacobus de Villiers en Christina Susanna van Niekerk. MJDV xx Nicolaas Phillipus Potgieter.

Petrus Jacobus was die seun van Ernst Johannes Jacobus Nel en Johanna Maria van der Vyver.

Hy is in Riebeeck-Oos gebore, gedoop en aangeneem.  Toe hul pa dorp toe trek, gaan boer hy saam met sy broer, Ernst, op die plaas Garslandskloof in die distrik Cradock.  Die plaas was swak en die vee vrek van koue en min skuiling.  Hy trek toe na die plaas Robertskraal te Bedford, waar hy ook grond aan dorp huur by Sir Andries Stockenström.  Hy wou Robertskraal koop, maar die eienaar daarvan wou nie Robertskraal aan hom verkoop nie.  Hy trek toe in 1905 met vee en al Vrystaat toe, waar hy 'n plaas huur aan die distrik Senekal, en later aan Clocolan by ene Claases.  Huur c. 1910 – 1911 die plaas Soetlaagte in Reitz van Jan Jacobus de Villers (met wie se dogters hy getrou het).  Koop later die plaas Beste Hoop aan Reitz van sy swaer, Naas de Villiers, by en ook die plaas Heversdal aan Ficksburg van sy ander swaer, Paul de Villiers.  (Ernst Nel)

f.4. Petrus Jacobus Nel - links op stoel met sy tweede vrou lans hom.  h.3. Ernst Johannes Jacobus Nel - staande tweede van links.  h.1.  Petrus Jacobus Nel en sy derde vrou staande derde van links.  Foto:  Ernst Nel

g.4.  Ernst Johannes Jacobus Nel - middel voor.  h.1.  Petrus Jacobus Nel - regs voor.  h.3. Ernst Johannes Jacobus Nel - regs agter.  Foto:  Ernst Nel

g.4.  Ernst Johannes Jacobus Nel en sy vrou - middel voor.  h.1.  Petrus Jacobus Nel - agter tweede van links.  Foto:  Ernst Nel