h.2. Johannes Lodewyk (Ds.), geb. 26/10/1910, ged. 25/12/1910, Jamestown, Oos Kaap, oorl. 04/06/1974, Cradock, Oos Kaap x 11/07/1939, Hopetown, KP met Johanna Maria SWIEGERS, geb. 30/05/1911, Strydenburg, N.Kaap, oorl. 29/05/1997, Eversdal, Durbanville, Kaapstad, d.v. Gottlieb Jan Hendrik Swiegers en Alida Elizabeth Badenhorst.
Johannes Lodewyk was die seun van Daniël Nel en Elizabeth Maria Olivier.
UNIVERSITEIT
GELEGITIMEER - 1935
ORDEN - 1938
1938 Middelburg, K.P. (Hpr.)
1940 Middelburg, K.P.
1941 Elliot
1944 Murraysburg
1948 Bothasrus
1955 Humansdorp
1964 Cradock
EMERITEER
Ds Johannes Lodewyk Nel, eerste assessor van die nuutgestigte Oos-Kaaplandse Sinode, is 26 Oktober 1910 gebore en 4 Junie 1974 na ‘n siekbed van enkele weke op Cradock Oorlede. Sy teologiese opleiding voltooi hy einde 1935 aan die Stellenboschse Kweekskool. Nadat hy Middelburg (Kaap) eers (1938) as hulpprediker en toe (1940) as vaste leraar gedien het, staan hy in Elliot (1941); Murraysburg (1944); Bothasrus(Despatch) (1948); Humansdorp (1955) en Cradock (1965); Sy hele bediening val dusin Oos-Kaapland. Hy was ‘n harde werker, ‘n bekwame leier en ‘n toegewyde en geliefde godsman, wat sy plek ook in wyer kerklike kringe in belangrike kommissies volgestaan het. (Jaarboek 1975/F5) (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-johannes-lodewyk/)