i.10. John Snow VAN DER WESTHUIZEN, geb. 11/06/1922

i.10.  John Snow, geb. 11/06/1922, Zeerust, Wes-Tvl, oorl. 01/12/2006, Pretoria.

John Snow was die seun van Jan Willem Frederik van der Westhuizen en Margaretha Cornelia Swart.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1936.


Predikant:

STANDPLASE

1956 Sanddrift

1961 Pretoria-Tuine

1968 Petrusville

1974 Zebediela

Ds. John Van Der Westhuizen (BA, Dipl. Teol.) (11/06/1922 – 01/12/2006)

John Snow Van Der Westhuizen is op 11 Junie 1922 by Zeerust in die Wes-Transvaal gebore, een van nege kinders. Hy is vernoem na sy oupa John Snow, wat in 1830 uit Skotland na baie wedervaringe in Suid-Afrika aankom. Later word hy ʼn boer by Uitvlugt buite Zeerust. In 1868 is hy die persoon wat ds. Jan Lion-Cachet in die Marico kontrei vervoer het om dienste te hou.

John begin sy skoolopleiding op die plaasskool Vaalkop oos van Zeerust. Hierna is hy ʼn leerling aan die Hoërskool Zeerust waar hy in standerd 8 die skool verlaat en in die hoofposkantoor by kerk- plein in Pretoria gaan werk. Tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) werk hy in Sunnyside onder moeilike omstandighede, want hy wou nie die rooi eed teken nie. ʼn Skerp draai kon letterlik en figuurlik op sy pad toe hy een aand op ʼn motorfiets ry en in ʼn botsing met ʼn motor betrokke is, sy enkel is vergruis en hy is sewe maande lank in die Algemene Hospitaal in Pretoria. Hieraan sou hy sy hele lewe lank herinner word – soos Jakob van ouds. sou hy ook mank loop, ʼn teken van ʼn ontmoeting met God.

Hierna begin hy met privaatstudie en slaag matriek, waama hy buitemuurs aan die Universiteit van Pretoria studeer en die BA (Admissie) -graad behaal. Hy was een van die eerste studente wat met Grieks en Hebreeus buitemuurs begin studeer het. Toe hy student aan die Fakulteit Teologie (Afd B) aan die Universiteit van Pretoria word, het hy steeds aangegaan om by die poskantoor te werk. Tussen byna onmoontlike werksure, klasloop en studeer, behaal John sukses en word hy aan die einde van 1955 as proponent van die NG Kerk in Transvaal gelegitimeer.

Prop JS van der Westhuizen word op 21 Januarie 1956 in die NG Gemeente Sanddrif duskant Brits met handoplegging ontvang en bevestig, die rede word deur ds. Jannie du Rand gedoen. Die egpaar het reeds. ʼn seuntjie toe hulle daar kom, later word nog twee dogtertjies gebore. Sy vrou skryf: “Slegs op Sanddrif het my man meegewerk aan die bou van ʼn sendingkerkie in die buitewyk. Sending het hom steeds. na-aan die hart gelê en hy het geglo dat die Moederkerk geldelik moet bydra en nie alles vir hulleself hou nie.” Aan die begin van 1961 neem hy ʼn beroep aan na die NG Gemeente Pretoria-Tuine.

In 1968 ontvang ds. Van der Westhuizen ʼn beroep na die NG Gemeente Petrusville in Noord- Kaapland, die gerneente grens aan die Oranjerivier. In sy dienstyd word begin met die bou van die Van der Kloofdam (voorheen die PK le Roux- dam); In die tyd verdubbel die getal gemeentelede as gevolg van die dam se bou. Dit bring ook eie- soortige probleme en geweldige uitdagings, daar word ook spesiale eredienste by die nuwe dorpie Vanderkloof gehou.

Op 5 Januarie 1974 word hy as herder en leraar in die NG Gemeente Zebediela ontvang en bevestig. Dit was ʼn besondere wêreld, die Groothoek Sendinghospitaal en die Zebediela Sitruslandgoed was binne die gemeentegrense. In hierdie gemeente is die leraarspaar baie gelukkig en hy aanvaar na 14 jaar op 3 Januarie 1988 sy emeritaat.

Ds. John van der Westhuizen sterf op 1 Desember 2006 in die ouderdom van 84 jaar in Pretoria. Hy word vanuit die NG Gemeente Akasia in Pretoria-Noord begrawe, die begrathisdiens word deur ds. Karel van der Merwe van Potchefstroom waargeneem, hy is ʼn broerskind van die oorledene. Hy word oorleef deur sy lewensmaat wat hom sedert 1948 getrou bygestaan het. Uit die huwelik is drie kinders gebore. Twee seuns, Henry en Willie van der Westhuizen, en ʼn skoonseun Andre Visser, is onder meer draers by die begrafnisdiens en teraardebestelling by die Heatherdale-begraafplaas.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuizen-john-snow/)

NG Gemeente Sanddrift  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-sanddrift/)

NG Gemeente Pretoria-Tuine  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-pretoria-tuine/)

NG Gemeente Petrusville  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-petrusville/)

NG Gemeente Zebediela (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-zebediela/)