g.1. Johanna Adriana Catharina VAN DER WESTHUIZEN

g.1.  Johanna Adriana Catharina x 27/08/1889, Piketberg met Hendrik Gysbert Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 1858, oorl. 10/10/1904, Zwartmodder, dist. Zuidwes Afrika xx Jacobus Andries Petrus SPIES, geb. 1844, oorl. 08/07/1945, Zaaihoek, dist. Witbank, s.v. Barend Christoffel Spies en Anna Catharina Bester.

Johanna Adriana Catharina was die dogter van Hendrik Schalk van der Westhuizen en Catharina Helena Smit.

Haar naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1917.

Hendrik van der Westhuizen se oudste dogter Hannie en haar eggenoot Bêrend van der Westhuizen (haar neef) van Diepkuil het saam met Hendrik Smit en andere met ossewaens  na SWA vertrek.  Op Swartmodder is die mans deur die Namas vermoor.  Die driejarige klein Ben van der Westhuizen het hulle uit die arms van sy moeder gepluk, genadeloos ‘n paar skote op hom afgevuur en hom ‘n entjie van die plaashuis af as dooie neergegooi.  Toe dit blyk dat hy nie dood was nie en sy bewussyn begin herwin, het een van die Namas hom aan sy oorstelpte moeder teruggegee met die woorde:  Dê vat hom, die Here wil hom nie hê nie.  Hy het van sy wonde herstel maar die koeëlmerke het nooit verdwyn nie.  Saam met sy moeder het hy na Klein-Klipfontein teruggekeer, waar hy etlike jare deur sy grootouers versorg is.  Nadat die Duitsers die Nama opstand onderdruk en vrede bewerkstellig het, het die weduwees na Swartmodder teruggegaan en met hul geld wat heimlik versteek was na die Kaapkolonie teruggekeer.  Hannie van der Westhuizen is weer getroud en het in Transvaal gaan woon waar Ben ‘n ryk mielieboer geword het.  (Smit:  Boerepioniers van die Sandveld)


Woon Zaaihoek No. 53, dist. Witbank volgens JAPS se sterfkennis.  Sy sterfkennis lys die van der Westhuizen kinders.

Kinders:

h.1.  Catharina Helena VAN DER WESTHUIZEN, geb. 24/12/1890 x 10/02/1920, Witbank, Midelburg Tvl. met Andries Bartholomeus Botha, geb. 1890.  

h.2.  Susanna Sophia VAN DER WESTHUIZEN, geb. 24/07/1894 x 25/02/1913, Bethal, Tvl. met Christiaan Lourens Dreyer, geb. 1886.

h.3.  Barend Nicolaas VAN DER WESTHUIZEN, geb. 22/03/1897, SWA, oorl. 17/12/1959, Witbank, Tvl. Ongetroud.

h.4.  Johanna Catharina VAN DER WESTHUIZEN, geb. 08/07/1899 x 01/08/1916, Bethal, Tvl. met Hendrik Nicolaas Johannes Venter, geb. 1896.
 
h.5.  Susara Sophia VAN DER WESTHUIZEN, geb. 27/08/1901 x 28/09/1920, Witbank, Middelburg, Tvl. met Jacobus Geldenhuys, geb. 1892. 

h.6.  Martha Jacomina Sophia VAN DER WESTHUIZEN, geb. 05/10/1903, ged. 06/03/1904, Gibeon. 

h.7.  Barend Christoffel SPIES