g.3. Nicolaas Johannes Frederik VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/08/1872

g.3.  Nicolaas Johannes Frederik, geb. 01/08/1872, oorl. 20/09/1942, Piketberg x NN xx 10/08/1909, Piketberg met Maria Dorothea Margaretha THIART, geb. 06/11/1878, oorl. 27/09/1917, d.v. Johannes Hendrik Albertus Thiart en Maria Jacoba Margaretha Brand xxx 14/10/1918, Redelinghuis, Piketberg met Neeltje Maria Margaretha VISSER, geb. 1885

Nicolaas Johannes Frederik was die seun van Hendrik Schalk van der Westhuizen en Catharina Helena Smit.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1917.

Sy seun Klein Hendrik het skaapwagter in die plek van sy ouer broer Klaas geword en Koos was die nuwe koeiwagter.  Klaas van der Westhuizen het as kleinveewagter by Jan F. Smit op Skaapkraal in diens getree en tot na die dood van sy tweede vrou Maria Thiart van Melkbosfontein, daar bly woon.  Na sy derde huwelik met Neeltjie Visser van die naasgeleë huurplaas Taaiboskraal, het hy Alk Smit se Dwarskersbos se veewagter geword en is daar oorlede.  (Smit:  Boerepioniers van die Sandveld)