g.7. Hermanus Albertus VAN DER WESTHUIZEN, geb. c. 1866

g.7.  Hermanus Albertus, geb. c. 1866, oorl. 11/12/1899, Magersfontein x 29/06/1892, Hoopstad, OVS met Margaretha de Graaf GENIS, geb. 1873, d.v. Pieter Genis en Anna Maria Gloudina van Zyl..

Hermanus Albertus was die seun van Pieter Johannes van der Westhuizen en Johanna Susanna van Zyl.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1885.

Hermanus Albertus sneuwel tydens die Slag van Magersfontein.

Die Slag van Magersfontein het 'n beroemde oorwinning geword vir die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hierdie slag het een van 'n driestuks neerlae deur die Britse magte (saam met Colenso en Stormberg) uitgemaak wat in Brittanje as die Swart Week bekend gestaan het.  Die Boeremagte het die 9th Lancers wat die Magersfonteinkoppe as verkenningspos gebruik het, gedwing om die posisie te ontruim, wat dit vir die Britse magte moeiliker gemaak het om die Boere se posisies te verken. Die Boere se verdediginglinie het gestrek vanaf die westekant van die spoorlyn by Langberg deur Magersfontein tot by Mossdrif aan die Suidoostekant van die Modderrivier. Van die verdedigingsposisies veral by Langberg was op hoë grond geleë met die grootste deel daarvan op grondvlak. Die verdedigingsposisies het hoofsaaklik uit grondwalle, skanse (lae klipmure) en 'n enkelry loopgrawe naby die suidwestelike voet van Magersfonteinkop bestaan. 'n Gaping in die verdedigingslinie net oos van Magersfonteinkop het ontstaan omdat die Boeremagte genoop was om hulle magte te konsentreer op die mees waarskynlikste aanvalspunte (flankaanvalle). Die Britse bombardement van Magersfonteinkop op die negende en tiende Desember het dit egter duidelik laat blyk dat Magersfonteinkop die middelpunt van die aanval sou wees. Die bombardement het ook nie die gewenste demoraliserende impak op die boeremagte gehad nie omdat dit hoofsaaklik op die kop self gekonsentreer was en is slegs 3 burgers gewond ten spyte van die feit dat soveel as 31 kanonne op die tiende op die kop losgebrand het. Daar is toe begin om die gaping met sandsakke te versterk en hierdie werk was skynbaar nog onderweg toe die geveg begin het.

Majoor George Benson het die bevel gekry om die Highland Brigade te lei na 'n punt sowat 700 meter suid van Magersfontein se suidpunt en om die punt rondom 3 uur in die oggend te ontplooi vir 'n aanval net voor eerstelig.  'n Donderstorm gedurende die nag het die Britse opmars vertraag en ook veroorsaak dat hulle sowat 500 meter te ver links vanaf die beoogde ontplooiingspunt was en spyte van Majoor Benson se aanbeveling aan Wauchope om die manne te ontplooi het Wauchope besluit om voort te marsjeer. 'n Ry swarthaak-bosse het hulle opmars verder vertraag en eers nadat die Black Watch hulle pad daardeur oopgebeur het, het Wauchope die bevel gegee om te ontplooi. Om vir die afwyking te vergoed het Wauchope die Seaforths beveel om die posisie regs van die Black Watch in te neem en die Argyll- en Sutherland Highlanders om verder regs van hulle te ontplooi. Baie van die manne het egter in die donker van hulle eenhede afgedwaal en sou onbewus gewees het van die veranderinge in die planne en het waarskynlik bygedra tot die verwarring tydens die gebeure wat daarop gevolg het.

Die Boere brandwagte sou ongetwyfeld die opmars gehoor het en het hul mede-burgers gewaarsku dat die Britse opmars onderweg was.  'n Hewige vuur is op die Britse troepe losgelaat veral vanaf die Kroonstad en Hoopstad kommando's wat in loopgrawe skaars 400 m voor die Britte ingegrawe was. Chaos het in die Britse kolonne ontstaan en is baie van die troepe is binne die eerste paar minute van die geveg getref.  Teen hierdie tyd het dit al begin lig word en het die verliese begin toeneem onder die vegtende voorhoede wat op die grond met min beskutting neergepen was. Onder die agterhoede wat nog besig was met ontplooiing het paniek uitgebreek en het sowat 250 m teruggeval. Colville se Guards Brigade is hierna deur senior offisiere by "Headquarters Hill" gelas om "Scrub Hill" in te neem en dan vandaar die "gaping" in die Boerelinies aan te val. Die aanval is egter hier gestuit. Na verdere bombardemente het Methuen in 'n desperate poging om die loop van die geveg te verander, sy laaste beskikbare reserwes, die Gordon Highlanders onder 'n Luitenant-Kolonel Downman beveel om 'n front-aanval op die Boere loopgrawe te doen om die troepe wat op die vlakte voor die Magersfontein hoogtes vasgepen is te versterk. Hulle is egter elke keer as hulle opgestaan het om te storm gevoelige verliese toegedien deur akkurate vuur uit die loopgrawe en is uiteindelik ook op die vlakte neergepen.  Op hierdie stadium toe dit duidelik word dat die Langberg deel van die linie geen bedreiging in die gesig gestaar het nie, het die Potchefstroom Kommando onder bevel van Generaal Andries Cronje hulle posisies ontruim en onder leiding van Generaal Naas Ferreira agter "Scrub Ridge" posisie ingeneem om sodoende die Vrystaatse kommando's te versterk. 'n Dapper teenaanval deur Ferreira is toe begin om besit te neem van die grond tussen die Highlanders by "Horse Artillery Hill" en "Scrub Ridge" en die Highlanders wat voor die loopgrawe vasgepen was onder hewige bombardement van kanonne waarvan die vuur deur verkenners in 'n balon gerig is. 

‘n Poging van Luitenant-Kolonel Hughes-Hallet om hierdie dreigende wig wat Ferreira se aanval in die linies toe te stop is verkeerdelik deur die Highlanders as 'n algemene onttrekking geïnterpreteer en het hulle oraloor op die vlug begin slaan. Hierdie aksie het die Boere 'n uitstekende teiken verskaf en die Highlanders is verdere gevoelige verliese toegedien. Die Boere se 75 mm Krupp kanon bo-op Magersfontein kop wat die heeldag stil was het ook op die stadium losgebrand en verdere chaos en verwarring onder die Highlanders gesaai. Die oorblywende Highlanders het agter "Headquarters Hill" stelling ingeneem en rondom 4 nm. het die slagveld stil geword. Die Britse gewondes voor die loopgrawe is deur die Boere toegelaat om sonder hulle wapens die veld te verlaat en die Britse mediese korps het die grootste deel van die nag gespandeer om dooies en gewondes van die veld te verwyder. Die Britte het egter nie onttrek nie in die hoop dat die Boeremagte soos by Magersfontein in die donker sou onttrek. Dit het egter nie gebeur nie en is 'n algemene skietstilstand rondom 9 vm. op die oggend van die 12de verklaar sodat gewondes wat hulself nog steeds op die slagveld bevind het verwyder kon word. Teen namiddag moes Lord Methuen noodgedwonge die neerlaag aanvaar en het hy na Modderrivierstasie teruggetrek. (Wikipedia)

eGGSA library Gravestones in South Africa Free State : Vrystaat Free State, JACOBSDAL district, Rural (farm cemeteries) Free State, JACOBSDAL district, Burgher Monument - Magersfontein and other battles 07. Gedenksteen_3