h.4. Jasper VAN DER WESTHUIZEN, geb. 20/07/1880

h.4.  Jasper, geb. 20/07/1880, Victoria-Wes, oorl. 12/07/1945, Prieska x 24/02/1903, Kroonstad, OVS met Anna Maria Aletta BOTHA, geb. 1881, Kroonstad, OVS, oorl. 23/06/1914, Biesiespoort, dist. Britstown, d.v. Jacobus Botha en Gertruida Catharina NN xx Elizabeth Gertruida Maria HANEKOM, geb. 12/09/1902, oorl. 02/06/1985, Pinelands.

Jasper was die seun van Jasper van der Westhuizen en Maria Elizabeth van der Westhuizen.

Uit AMAB se sterfkennis woon hulle te Biesiespoort, dist. Britstown.

Uit Jasper se sterfkennis word hy as ‘n karweier van beroep aangegee en hulle het te Marydale (erf no. 174), afd. Prieska gewoon.

Die geskiedenis van die destydse NG gemeente Marydale kan teruggespoor word na 1903 toe G.P. Snyman sy plaas Kalkput in erwe laat uitmeet en as kerkdorp met die naam Marydale aan die NG Kerk geskenk het. Marydale sou egter eers in 1917 as dorp geproklameer word. Marydale was ’n mooi, vrugbare, waterryke dorp wat baie belofte ingehou het. Die dorp het dorpsgronde vir weiding van byna 9 000 morge gehad. Marydale was 2 myl van die Draghoender-spoorwegstasie. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-prieska/)