g.1. Wietsche Marthinus VAN DER WESTHUIZEN, geb. c. 1848

g.1.  Wietsche Marthinus, geb. c. 1848, oorl. 02/12/1911, Koedoesfontein, Prince Albert x 17/03/1869 met Catharina Elizabeth SNYDERS, geb. 22/09/1847, ged. 05/03/1848, Tulbagh, d.v. Frederik Adriaan Snyders en Zacharia Hendrina Maria Victor xx 22/04/1889, Prins Albert met Elsie Catharina LE ROUX, geb. 18/12/1848, oorl. 19/12/1923, begr. Somerset-Wes.

Wietsche Marthinus was die seun van Wietsche Marthinus van der Westhuizen en Susanna Magdalena Snyders.

Ek het twee sterfkennisse vir hom gekry.  Die getikte een noem sy geboorteplek as Prins Albert, waar die geskrewe een dit as Laingsburg aangee.  Sy pa word by albei as Wietsche Marthinus aangee, maar die getikte een gee sy ma as Susanna Magdalena Snyders aan terwyl die handgeskrewe een sy ma as Susanna Francina aangee.  Sy sterfdatum en plek van dood is dieselfde op beide en sy vroue word dieselfde aangegee.  By die lys van die kinders is daar weer verskille.  Die getikte lys gee die kinders as Frederick Adriaan (oorl. 29/09/1898);  Catharina Elizabeth Elsie;  Susara Wilhelmina;  Wietsche Marthinus en Zacharias Hendricus as die kinders uit sy eerste huwelik en Hendrik Willem Johannes en Susanna Francina as die kinders uit sy tweede huwelik.  Die geskrewe een gee die kinders as Susara Wilhelmina Groenewald; Wietsche Marthinus;  Zacharias Hendricus as kinders uit sy eerste huwelik en Hendrik Willem Johannes en Susanna Francina as kinders uit sy tweede huwelik.

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, SOMERSET-WEST, Urban area Western Cape, Cape Town's Helderberg, SOMERSET WEST, Main Cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Elsie Catharina, van der nee LE ROUX 1848-1923